MARGATE LEEF vir CHRISTUS
IN PAS met CHRISTUS na 'n NUWE TOEKOMS

Margate is 'n omgeegemeente wat "met alles vir Christus leef" op die Suidkus van Kwa-Zulu Natal.
Gesinne wat die Here saam dien is vir ons belangrik. Die jeug en die bejaardes geniet ook hoë prioriteit in die bediening. Jesus se liefde dring ons tot wederliefde.


Gedring deur die liefde van Christus wat opgewek was uit die dood, en wagtend op Sy terugkeer, streef ons daarna om met woord en daad vir Christus te leef.

2024 Jubeljaar Temas & Korrels E-boeke:
Somer; Juig tot eer van God
Herfs; Dank God
Winter; Dien God
Lente; Vertrou God

Margate is 'n missionale gemeente. Daar word na die gemeenskap uitgereik deur te fokus op bejaardesorg, stranddienste deur jeugspanne, sorg aan kankerpasiente en hospitaalbesoeke. Die Jeugbediening staan op drie bene - kategese, kinderkerk en kerkjeugaksies. Die gemeente reik uit na die wêreld en is binnelands betrokke by Lusikisiki, Gamalake en die Malutis, buitelands reik die gemeente uit na Mosambiek, Nepal en Angola.

Die NG gemeente Margate nooi u hartlik uit om uself met u gawes tot beskikking van die Here te stel, of sommer net te kom kuier. Alle besoekers is baie welkom!

Here, maak u paaie aan my bekend;
leer my u weë.
Leer my deur u waarheid en leer my,
want U is die God wat my red;
op U wag ek die hele dag.

Psalm 25:4-5 (2020 Vertaling)