Page 3 - korrels-2-2025
P. 3
Teen dié tyd is meeste se lewens georden vir die jaar,
veral vir hierdie kwartaal. Dit bevat ʼn treffende storie
en belewenis van sy eie vir die kinders van die Here.
Tussen twee weke vakansie is Paasfees die belang-
rikste fees op ons Christelike kalender. Ons sluit die
ses weke van hertoewyding in Lydenstyd af met die
Heilige Week van stilword met ʼn Paassangdiens op
Palmsondag, erediens op Goeie Vrydag en sluit af met
ʼn Paasfees Nagmaaldiens die Sondag - geestelik verryk vir die res
van die jaar. So is ons ook gereed vir die algemene lewe wat begin
met Vryheidsdag, wetende “Die Here is die Gees, en waar die Gees
van die Here is, daar is vryheid”. (2 Kor. 10:29)
In Korrels deel ds. Jeandré Slabbert ʼn kort lewenskets van homself
en hoe dit gekom dat hy geroepe gevoel het om ons te kom seën met
sy geestelike roeping, leiding en diens. Korrels sê: Welkom ds.
Jeandré.
Ons het ʼn pragtige kwartaal voor ons om te Leef tot Eer van God
met Liefde. Laat ons nie beweeg tot selfgenoegsaamheid nie, maar
onthou dat die kwartaal afgesluit word met wat Stephan Joubert
noem, nog ʼn opwindende tyd, die tyd van Pinkster, tyd van nuwe
drome en visioene. Daar sal drie Pinksterdienste wees in die week
voor die Pinksterfeesnagmaal. Sien ons mekaar daar?
Mag ons ook in Korrels antwoorde en hulp vind
om te midde van alle omstandighede, hier in die kleine
MET LIEFDE tot EER VAN GOD TE LEEF.
Troue liefde en waarheid moet jou nooit verlaat nie . . .
skryf dit op die tafel van jou hart. Spreuke 3:3
Tot die winter.
Met liefde van Elda.
Paulus sê: Laat alles wat julle doen, in liefde geskied. 1 Kor.13:14
3