Page 2 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 2

Kan mens so ʼn verbintenis maak in jou eie krag? Nee. Dis asof die
      Here dit nie genoeg kan sê nie: Ons leef uit sy genade alleen. Dis die een
      gedagte wat dwarsdeur die boek Josua herhaal: die Here stry die stryd
      vir sy mense; Hy behaal die oorwinning; Hy gee die land vir hulle (as sy
      erfdeel!). Nog so pas het Hy in Josua 22:45 en weer in 23:14 by monde
      van Josua gesê: Hy het al sy beloftes aan die vaders waargemaak; nie
      een daarvan het Hy nie nagekom nie. Die hele Josua-verhaal spel dit uit:
      God se mense leef uit die Here se hand.  Alles kom van Hom; ons kan
      daartoe absoluut niks bydra nie. ("Josua" beteken "die Here verlos") Ons
      leef uit sy genade alleen, Hy is die Een wat ons verlos en alles gee wat
      goed is.
         Na die uitroepteken van God se genade is daar egter skielik hier aan
      die einde die groot vraagteken: Wat nou vorentoe? Josua is een van die
      dae nie meer daar nie. Wat gaan die volk dan met God se genade
      (verbond) maak? Sal hulle verstaan wat God se genade van hulle vra?
      Die drie rondtes gesprekke tussen Josua en die volk (2-18; 19-21; 22-24)
      is 'n strydgesprek. Josua sê dié een ding: ek en my huis het klaar vir die
      Here gekies. Nou moet julle kies tussen die Here en die gode. Julle kan
      nie God en Mammon dien nie. Die Here vereis dat julle Hom voluit, kom-
      promieloos, toegewyd, enduit, dien. Hy vra dat julle in julle sit en julle op-
      staan, in julle handel en wandel sal leef soos sy eiendomsvolk. En julle
      gaan dit nie regkry om die Here so te dien nie.

         Maar Israel sê: Josua, jy is verkeerd. Ons kies die Here; ons sal Hom
             nie minder goed dien as jy en jou huis nie. Dis wat Israel sê.
                       Wat sê jy, wat sê NG Gemeente Margate?
         Ons weet mos baie goed watter pad die Here met ons gestap het; dat
      ons ons hele lewe as gemeente aan sy genade te danke het. Twee kerk-
      geboue is onder andere aan ons as gemeente geskenk. Die Here het in
      sy goedheid ʼn pad van genade met die NG Kerk Margate gestap deur al
      die jare.
         Dit was goed vir my en Jennie om as leraarspaar die pad saam met
      die gemeente te kon stap. Soveel lidmate se lewens is herskep deur die
      werking van die Heilige Gees. Saam kon ons as leraarspaar met Margate
      gemeente leef vir Christus, en die groei in die gemeente waarneem.
      Uiteindelik is ons as Christene in die geloof verbind aan Jesus Christus,
      ons Josua, ons Verlosser, in wie se voetspore ons volg.
                          Mag hierdie gemeente, jonk en oud,
                   steeds met woord en daad, aan God verbonde bly:
                         “Ek en my huis, ons sal die Here dien.”
                                        Dr Mike

                                          2
   1   2   3   4   5   6   7