Page 3 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 3
UIT KORRELS se SKRYFKAMER
Ek sien wanneer ons gemeentelede uit die kerk
stap, glimlag almal breed en gesels. Dit laat my
dink aan iemand wat homself smalend en krities
uitspreek oor ‘sogenaamde kerkgangers’ wat lyk
asof hulle ʼn begrafnis bygewoon het. Wat ek hier
sien, laat my dink aan sonneblomme wat hulle
vreugdevolle geel gesiggies son toe draai en ek
onthou die koster het mos gesê hier word sonne-
blomme gesaai.
In hierdie Koninkrykstyd sluit ons saam met die KZN NG Si-
node af van die missie onder die logo “OP PAD met CHRISTUS na
ʼn NUWE TOEKOMS”. Dankie aan dr. Dawie wat in Korrels saam
met ons deur hierdie missie gestap het. Op bl. 36 is ʼn duidelike
weerspieëling van die missies sedert 2012 met die logo’s.
Onthou dié kwartaal ‘Eer ons God’ deur Hom te dien onder
Josua 24:15 wat sê “Ek en my huis, ons sal die Here dien”. Die
wonder van om die Here te dien, is dat dit nie net afhanklik is
van groot en merkwaardige aksies en finansiële bydraes nie,
maar ʼn oproep na ʼn sieke of eensame of selfs net ʼn gebed vir
ander of die land en die regering, hoor en sien Hy ook.
Baie dankie aan ons webmeester, Johan Rademeyer, wat uit
sy pad uit gegaan het om ʼn metode te vind om nuwe tegnologie en
my ou rekenaartjie en tegnieke, mekaar te laat groet en saam te
werk. Die resultaat: Korrels is in ʼn blaaiboekie aanlyn beskik-
baar op https://ngkerk.margate.co.za/#flipbook of in die ge-
meente se webwerf: ngkerk.margate.co.za. Lekker lees aanlyn of
met die boekie in jou hand.
Groete. Elda.
Dien mekaar
PAULUS deur die liefde.
Galásiërs 5:13
3