Page 3 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 3

Het die nuwe Korrels vir jou ʼn glimlag van verras-
      sing gegee? Ja, dit is pragtig, splinternuut en
      professioneel geklee. Dit is gedoen deur ʼn
      gemeentelid: toegerus en vaardig in bladuitleg.
      Ontmoet haar gerus ʼn paar bladsye verder. Hierdie
      uitgawe is die eerste van die verhaal van die nuwe
      halfeeu wat voorlê.

       Ons kom uit ʼn jaar in eer aan God. ʼn Jaar van
      dankbaarheid en blydskap. Die eerste vyftig jaar
      van NG Gemeente Margate is gekenmerk deur wonderbare genade
      uit God se hand. Nou maak ʼn nuwe deur voor ons oop - die deur na
      die volgende halfeeu. Dit is in ons hande om die basis te lê vir
      hoofstuk een van die nuwe verhaal. Nou is ons in ʼn nuwe wêreld, ʼn
      wêreld waar ons soos volgroeide bome vrugte moet dra tot eer van
      God. Ons bevind ons nou in ʼn veranderde wêreld waarin die lewens-
      omgewing soos seisoene: droogte, oorstromings, koue, sneeu en
      ongekende hitte, alles teë werk.

       Met die tema van die jaar gaan ons begin deur na binne te kyk en te
      leef tot eer van God. Kom ons kyk na onsself, na ons verhouding met
      God. Vra jouself: Hoe lyk my geloof? Kom ons wy ons daaraan toe
      om in die geloofslewe te groei, sodat ons wortels stewig gevestig is
      om te midde van stiltes en storms, vrug te dra tot eer van God.

                    Mag Korrels ons help en lei op hierdie pad.
                                         Elda

      Paulus sê:
                     Wees waaksaam, staan vas in die geloof,
                            wees manhaftig, wees sterk.

                                     1 Kor 16:13
                                          3
   1   2   3   4   5   6   7   8