Page 8 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 8
Freda het ʼn lang pad, ʼn kronkelpad, ʼn suksespad,
maar ook ʼn pad van deursettingsvermoë geloop tot
hier waar sy en haar man hulle gevestig het in
Margate. Sy bied haar talent en vermoë met
vreugde tot beskikking van die gemeente. Nederig,
sonder emosie en detail, deel sy haar storie:
Ek het in Vereeniging grootgeword en na matriek aan die Randse
Afrikaanse Universiteit (RAU) studeer, waar ek ook my man ontmoet
het. Na ons troue het ons 'n jaar in Krugersdorp gewoon terwyl ek by
Roodepoort Hoërskool skoolgehou het en hy sy diensplig voltooi het.
Daarna het ons na Brits verhuis waar ek as Wiskunde-onderwyseres
by Hoërskool Brits gewerk het terwyl my man 'n dosent by Medunsa
was. Na vier jaar in die onderwys het ek ook 'n pos by Medunsa
aanvaar. Ek was verantwoordelik vir die ontwikkeling van rekenaar-
programme vir verskeie akademiese departemente, asook die
opleiding van personeel in die gebruik van rekenaars. Na 'n ernstige
motorongeluk kon ek nie meer werk nie.
Etlike jare later het ek egter genoegsaam herstel en het my eie
besigheid begin. Ek het rekenaarprogramme vir talle plaaslike besig-
hede ontwikkel, waaronder prokureurs, boekhouers, arbeidstera-
peute, die polisie asook verskeie verenigings en klubs. In hierdie tyd
het ek ook 'n liefde vir bladuitleg en grafiese ontwerp ontwikkel. Ek
het deur die jare die bladuitleg van baie skoolkoerante, jaarblaaie,
nuusbriewe en talle ander publikasies gedoen, en het nou saam met
die plaaslike drukkery gewerk.
In 2010 het ons na Drie Riviere verhuis nadat my man 'n pos by
Sasol se Navorsings- en Ontwikkelingsdepartement aanvaar het. Ons
het daar gewoon totdat ons in 2022 afgetree en na Southbroom
verhuis het. Ons het twee getroude kinders - 'n dogter en 'n seun - en
twee kleindogters.
Dankie, Freda, dat jy jou talent met ons gaan deel
tot eer van ons God.
8