Page 10 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 10
KORRELS NEEM AFSKEID VAN OOM ABRIE
Dit is met heimwee dat Korrels afskeid neem van Abrie Spies, by almal
bekend as Oom Abrie.
Oom Abrie was die getrouste, stiptelikste ondersteuner van Korrels. Of dit
nou gaan oor bydrae, belangstelling, aanmoediging en ondersteuning, hy
was ver voor en het elke kwartaal seker gemaak dat daar wel ʼn Korrels sal
verskyn. Hy het nooit vergeet om jaarliks een en almal te bedank vir hul
bydrae in die gemeente-aktiwiteite en vir die werk wat almal gedoen het nie.
Sy groot dankbaarheid is ook gereeld uitgespreek: Vir die ondersteuning
wat hy en Sarah van gemeentelede ontvang het - of dit met vreugde of
hartseer en pyn gepaard gegaan het.
Van geen ander gemeentelid het ek soveel oproepe, navrae, ondersteu-
ning en bedankings ontvang nie. Hy het ook seker gemaak dat die vordering
in die proses vir die volgende Korrels in plek is - selfs gereeld vir PostNet
gebel om te hoor of die dokument al ingehandig is vir die drukproses en het
daardie vordering getrou gevolg. Hul moes hom laat weet as die boekies
gereed was, sodat hy die eerste een sal wees om syne daar te kan gaan
haal.
As alle deelname en aktiwiteite in die gemeente met soveel entoesiasme en
geesdrif gepaard gaan, kan ons met trots sê, Margate leef tot eer van God.
Dankie vir jou voorbeeld Oom Abrie.
Redakteur
GOEIE NUUS VIR VOORNEMENDE STUDENTE:
Enige persoon wat in die NG Kerk is, mag aansoek
doen vir ‘n studiebeurs van die KZN Sinode.
Die aansoekvorm word ingevul en deur die betrokke
predikant geteken. Daarna word daar na punte, inkomstes,
hoeveelste studiejaar, ens. gekyk. Dit word dan voorgelê
aan die SOS wat die finale besluite neem.
Let wel: hierdie is ‘n beurs,
nie ‘n lening nie, so dit word nie terugbetaal nie.
Laai asseblief die aansoekvorm af by:
https://kzn.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/11/2024/08/
Aansoekvorm-studiebeurs-2025.pdf
Uit Die Posduif van 25 Oktober 2024
Amptelike nuusbrief van die KwaZulu-Natal Sinode
10