Page 13 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 13
soos hierdie een in Filippense. Dit is ‘n manier waarop ons kan sê
waarin ons glo. Dit is soos om te sê hoe die grond lyk waarin ons
groei.
Een van die geloofsbelydenisse wat ons hierdie jaar gaan leer, is die
Apostoliese Geloofsbelydenis. Dit gaan ons help om te verstaan wie
God is, wie ons is en hoe ons in die wêreld moet leef. Ons open
hierdie kwartaal met die Evangelie volgens Johannes. Hierdie
Evangelie gaan ons help om die eerste drie artikels van die
Apostoliese Geloofsbelydenis te verstaan:
· Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die
hemel en die aarde;
· En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here,
· Wat ontvang is uit die maagd Maria, wat gely het onder Pontius
Pilates…
Die Evangelie volgens Johannes, vertel vir ons wie Jesus is en wat
Jesus vir ons beteken. Ons kyk na Jesus se wonderwerke en die
manier waarop Jesus die mense van die Koninkryk van God vertel
het. Jesus leer ons dat God ons só liefhet dat ons die ewige lewe
ontvang. Hierdie liefde is vir almal! Dit bring genesing en herstel vir
die hele wêreld. Daarom kan ons glo dat Jesus Koning is. God het
deur Jesus vir ons alles gewys en geleer wat ons nodig het om te leef
as kinders van God. Ons gaan onder andere sien dat kinders van
God met nederigheid, in eenheid en met gehoorsaamheid leef.
Mag hierdie kwartaal vir julle ‘n ongelooflike reis van geloofsgroei
wees!
Ds. Lerisa Meyer
Bemoedig mekaar, en laat die een die
ander in die geloof opbou.
1 Tessalonisense 5:11
13