Page 15 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 15
BARMHARTIGHEIDSDIENS
By barmhartigheid bly ons baie besig. Die nood
word net al hoe groter. Stygende lewenskostes
verhoed ongelukkig dat ons almal wat om hulp aan-
klop sal kan help. Dit is dan wanneer skenkings van "Jars
of hope" baie handig te pas kom. Met beperkte fondse tot ons beskik-
king help ons tans maandeliks 20 gesinne, waar daar 13 kinders is, 5
is nog voorskool en 2 babas.
Baie dankie aan elkeen wat ons gehelp het met kersgeskenkies vir
die kinders. Baie dankie ook vir gebede, finansiële bydraes en
skenkings, ons waardeer dit opreg.
Die Here is goed vir hulle wat op Hom bly hoop.
Klaagliedere 3:25
Daleen Beukes
Sopmengsel
Gebruik `n leë glas koffieflessie en vul dit met bestanddele vir sop.
Meestal bestaan dit uit die volgende:
Halwe koppie rys Halwe koppie lensies
of macaroni 1 biefblokkie
Halwe koppie sopmengsel 1 pakkie soppoeier
ANTWOORDE: SKOMMEL DIE LETTERS!
GELOOFSGROEI, FONDASIE. BELYDENISSKRIFTE,
APOSTOLIESE, EVANGELIE. JOHANNES, ALMAGTIGE, JESUS,
MARIA, WONDERWERKE, LIEFDE, GENESING, NEDERIGHEID,
EENHEID, GEHOORSAAMHEID
Geheime kodewoord: GELOOFSGROEI
ANTWOORDE VIR BLOKRAAISEL
AF: GELOOF DWARS: LEEF
15