Page 17 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 17
NAOMIBEDIENING
Die Naomibediening het saam met al die gemeente-
lede God in hierdie Jubeljaar geëer, gedank en lof
toegesing. Dit was ʼn goeie jaar van groei, maar ook
van afskeid. Ons het twee van ons lede aan die Here op-
gedra toe hulle nader aan hul kinders beweeg het. Met dank ontvang
ons positiewe nuus dat hulle albei gelukkig is en goed aanpas, daar
waar hulle nou herplant is.
Ter wille van sekuriteit, is die Naomi se Saterdag-byeenkomste oor-
geskakel na Vrydae. Hier en daar moes iemand so bietjie timmer aan
die eie bestaande kalender en lewensgewoontes, maar die aanpas-
sing was glad en die groot groep kan steeds lekker saam kuier in die
kerksaal. Die ondersteuning van die personeel wat op die terrein is,
word baie waardeer.
Die jaar is afgesluit met die bywoning van ʼn nagmaaldiens in die
Village se kapel en ʼn heerlike driegang-ete by Café Munro. Elkeen het
ʼn gebreide Kersfees-engeltjie gekry om saam te neem huis toe, as
aandenking van liefde en saamwees.
Ons is opgewonde om tot eer van God te leef in 2025.
Elda Pretorius
‘k Het Jesus lief,
Hy is my lig en krag
Hom het ek lief, Hy lei my op sy pad
en rig daarop my kinderlike treë.
Hy ken die hindernisse op my weë
en voor ek val, het Hy my hand gevat.
Verlostes, juig en wees in Christus bly,
laat ons aanbiddend saam voor Hom vergader.
Tree dankbaar tot die Here nader –
wie, wie verdien ons loflied meer as Hy?
17