Page 18 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 18

ALGEMENE VROUEDIENS

      Op Saterdag, 19 Oktober, is ons Senior Burgers met ʼn heerlike
      ontbyt by San Lameer trakteer. Onder die vaandel van die Vroue-
      diensbestuur het Lucia die saal in “Alice in Wonderland” omskep, ds
      Lerisa het met haar boodskap by die tema aangesluit, geskenkies is
      kwistig uitgedeel en ons eie musikante se vertolking van Sonvanger
      en Ek Lewe was baie spesiaal.
       Nuwe intrekkers is op Sondag, 3 November, verwelkom. Namens
      die Vrouediensbestuur nooi ek alle vrouelidmate (nuwe intrekkers EN
      gevestigde vrouelidmate) om by een van die drie Vrouediensgroepe:
      Port Edward-, Oggend- of Middaggroep in te skakel.

      Ek wil graag die volgende Vrouediensdatums op die Gemeente
      Kalender van 2025 uitlig:
         1ste kwartaal:  22 Feb    Vrouetee (alle gemeentevroue word
                             uitgenooi)
                     7 Mrt      Wêreldbiddag vir Vroue
         3de kwartaal:   30 Aug    Markdag (enige lidmaat kan ʼn
                             tafel  bespreek om selfvervaardigde
                             items te verkoop)
       Namens die Vrouediensbestuur wens ek elke lidmaat ʼn baie
      geseënde kersseisoen toe. Mag ons fokus op Jesus Christus wat
      gebore is sodat ons elkeen die hoop op ʼn ewige lewe kan hê.

                                             Annemie Oosthuysen (Voorsitter)
                         PORT EDWARD VROUEDIENS

      Augustus was Vrouemaand.  Ses van ons dames het die Vrouena-
      week te Pietermaritzburg bygewoon. Wat ʼn belewenis! Ons beveel so
      ʼn wegbreeknaweek ten sterkste aan.
       Septembermaand het ds. Louis ons kom toespreek met die onder-
      werp: “His Master’s Voice”. Tydens ons vergadering is ʼn nuwe
      bestuur verkies met Anka Jordaan wat voor sal loop. Baie geluk en
      sterkte aan jou en die nuwe span vir 2025.  Ons Padkafee-afsluiting
      was heerlik en almal het gesellig verkeer.
       Ons afsluiting in Oktober was by Berry Crafty waar ʼn uitstekende
      spyskaart aan ons voorgesit is. Die dames het geskenkies uitgeruil en
      almal het dit vreeslik geniet.

                                                 Esther Steyn (082 325 1799)
                                          18
   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23