Page 20 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 20
PRO DEO
Baie mense ervaar dat die tyd vinniger ver-
bygaan namate hulle ouer word. Daar is
verskeie teorië oor hoekom dit gebeur; een
daarvan is dat ons brein tyd op 'n ander
manier waarneem as ons jonger is. As ons
ouer word, het ons dikwels minder nuwe
ervarings, wat kan maak dat die tyd meer
saamgepers voel.
Besig bly en aktief wees kan beslis bydra tot die gevoel dat die tyd
vinniger gaan, maar dit kan ook 'n manier wees om die lewe vol en
betekenisvol te hou. Die goeie dade en omgee vir ander kan 'n
positiewe invloed op ons lewenskwaliteit hê, wat weer bydra tot 'n
gevoel van vervulling. Hoe jy oor die tyd voel, kan ook beïnvloed word
deur hoe jy jou ervarings beleef en waardeer.
Indien jy wil goed voel en graag goeie dade doen, kom werk saam
met die Pro Deo Groep! Ons is baie beter as Salusa 45! Ons gaan
jou op en top laat voel met ʼn huppel in jou stap.
Ons Gholfdag was die 29ste November 2024 by San Lameer. Dit was
‘n “better ball Stableford” en afslaan was om elfuur. Dit het R425 per
speler beloop. Daar was groot pryse op die spel.
Ons is bly om te sien hoe ons besoekergetalle aanhou groei by die
vier gesondheidsklinieke. Hierdie klinieke is geleë by:
Port Edward: Henda Olivier - 082 777 6502
Margate: Lucia Groenewald - 082 753 5330
Port Shepstone: Eloïse - 082 329 5087
Anerley Haven Frail Care Sentrum: Eloïse - 082 329 5087
Alle persone bo sestig jaar word elke eerste Donderdag van die
maand hartlik uitgenooi om saam met ons Pro Deo-vrywilligers 'n
heerlike bederfoggend te geniet. Ons doen diens by die Kanker-
kliniek en al die gebreide kombersies, serpies en hoedjies word so
waardeer. Kontak asseblief vir Mary-Ann (083 766 6018) indien u ook
kan help.
Indien u weet van ʼn persoon wat besoek moet word of indien jy self
kan help, kontak asseblief vir Henda Olivier.
Vriendelike Pro Deo groete,
Koos Groenewald (082 570 2014)
20