Page 19 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 19

VROUEDIENS OGGENDGROEP

      Gedurende die laaste byeenkoms van die jaar op die 18de Septem-
      ber 2024, het ds. Lerisa met ons kom praat oor  "Geloofsgewoontes".
      Sy het vir ons vertel hoe om die Here te vind in ons alledaagse lewe
      van wakker word, slaap, rus, werk, soektog, viering, herhaling en
      stilte. Ons het elkeen ʼn stelletjie yskasmagnete gekry wat hierdie agt
      geloofsgewoontes uitbeeld. Dit was so spesiaal.
       Op die16de Oktober het ons ons afsluitingsfunksie by Larry's
      restaurant gehad. Dit was ʼn vrolike "pienk" oggend. Ons het almal
      pienk aangetrek met pienk versierings op die tafels. Dit was ʼn heer-
      like ontbyt en lekker saamkuier geleentheid. Elkeen het ook ʼn bederf-
      pakkie ontvang.
       Ons sien opgewonde uit na die nuwe jaar wat voorlê. Die tema vir
      die gemeente vir 2025 is: "Leef tot eer van God met Geloofsgroei."
                                                Susan Grobler (082 419 3363)


                         VROUEDIENS MIDDAGGROEP

      Die Middaggroep was verantwoordelik vir die tafelversierings vir dr.
      Mike Heaney se afskeidsfunksie en het dit met groot geesdrif gedoen.
      Al die Vrouediensgroepe het saamgewerk om die heerlike vinger-
      happies voor te berei.  Hierdie keer het ons  egter ook een van die
      manne, nl. Carel Killian, ingespan om te help om die tafels te versier,
      wat hy dan ook met groot kundigheid gedoen het.
       Ons fondsinsameling het ‘n hupstootjie gekry met die opbrengs van
      die kniekombersieprojek wat R3400 opgelewer het.  Ons sê dankie
      aan Annemie wat die pragtige kombersie gebrei en geskenk het.  Die
      geld gaan aangewend word vir die bystand wat ons lewer aan
      Laerskool Suid-Natal t.o.v.  hulle voedingskema en aankoop van
      skryfbehoeftes vir die minderbevoorregte kinders.

       Ons is almal hartseer saam met Sarah Spies oor die afsterwe van
      Abrie.  Sarah was meer as 30 jaar betrokke by die aanvanklike
      Aandgroep wat later die Middaggroep geword het. Sy was een van
      die stigterslede.
        Baie dankie vir u ondersteuning van ons 2024-projekte. Daar is al
      weer ‘n hele paar in die pyplyn vir volgende jaar.
                                                 Hartlike Middaggroep groete,
                                                   Lorina Hart (083 412 1464)
                                          19
   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24