Page 14 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 14

GEBEDSBEDIENING

      Ons  kwartaaltema vir 2025 is: Leef tot eer van God met GELOOFS-
      GROEI en laat ons vashou aan die GELOOF wat ons bely. Heb 4:14.
      Kom ons begin by die vraag: Hoe kry ek my GELOOF aan die gang?
       Ons het verlede jaar ʼn paar preke van ds. Lerisa gehoor oor die
      Tien Gebooie. Ons het dit ook by ons Bybelstudie behandel. Baie in-
      teressant! Ek het dit as kind en jongmens net gesien as ʼn stel reëls..
      jy mag nie.. jy mag nie..
       Ek  het  eers  op  24-jarige  ouderdom,  na  my  enigste  suster  se
      selfdood, ʼn traktaatjie raakgeloop en so het die Volle Evangelie van
      GOD SE ONEINDIGE LIEFDE VIR MY duidelik geword. Hierdie kort
      gebed daarin, het my hele lewe radikaal verander.
             “HERE JESUS, ek besef dat ek my eie lewe regeer en dat
        ek teen U gesondig het. Ek maak nou die deur van my lewe vir U
         oop en vra dat U my Verlosser en Heer word. Kom in my hart en
        neem U die plek op in die troon van my lewe dat ek deur U regeer
              mag word. Maak my asseblief die soort mens wat U wil
                               hê dat ek moet wees.”
                                        Amen.

       En toe  begin my Vreugdefees. Dit was my eerste GELOOFSTAP-
      PIE en nou kan ek deur God se Liefde en Genade GELOOFSGROEI
      op vele maniere ondervind hier in Margate Gemeente. Vir my die
      wonderlikste van alles: Ons kry gereeld uitnodigings om
      hertoewyding aan die Here te doen … Elke kersie wat ons by die Stil
      Nagmaal kan aansteek…. Elke gebed wat ons in geloof bid, waar ons
      ook al is, bring ons nog nader aan die Vader.

       Wil u nie asseblief, vir die eerste maal in jou lewe, of by herhaling,
      dié gebed tot God bid nie? Die feesmaal saam met Jesus elke dag is
      onbeskryflik heerlik!!
       Ons is dankbaar vir die baie jare van Diedie Schoeman se getroue
      rol by die gebedsbediening. Ons aanvaar dat hy verlos is van pyn en
      lyding en rus by ons Hemelse Vader.
      Dankie aan Pieter Conradie wat bereid is om
      sameroeper te word vir die Margate omgewing.
      Gebedsgroete,
      Suzette en Pieter

                                          14
   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19