Page 9 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 9
DIE ASEM VAN DIE LEWE
(Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het)
7
... het die Here God die mens met stof uit die grond gevorm, en in sy
neus die asem van lewe geblaas.
So het die mens 'n lewende wese geword.
Gen. 2:7 (2020-vertaling)
Stres is ʼn liggaamlike toestand. Ons spiere is gespanne, ons skouers
opgetrek, ons hartklop en bloeddruk styg, ons asem jaag. Sulke
spanning is ongesond oor die lang termyn, en beslis nie God se wil
vir sy kinders nie. Nee, as ons besef dat ons liggaam gespanne is,
moet ons ingryp en bewustelik ontspan.
ʼn Goeie manier is om doodgewoon diep asem te haal. Onthou, jou
asem is eintlik God se asem in jou; dis SY lewe wat in jou is. Trek dit
diep in, dis lewegewend! Laat sak dus jou skouers, ontspan jou
liggaam en haal tien keer diep en rustig asem. Verbeel jou (as jy wil)
jy asem koel blou lug in, en warm rooi lug uit. Of dat jy God se Gees
inasem, en jou probleme uit. Ervaar hoe jy ontspan. Doen dit gereeld
- dis die asem van die lewe!
Hemelse Vader, dankie vir die lewe - ú lewe - wat in my is.
Help my om hierdie lewe wat U my geskenk het ten volle te leef.
Leer my om my stres en spanning te hanteer,
en om by u vrede uit te kom.
Amen.
Daaglikse Stilte - info@jimileroux.com
TEMA 6 – HANTEER JOU STRES #5200
2024-05-24
9