Page 12 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 12
LEEF TOT EER VAN GOD MET GELOOFSGROEI!
“… en elke tong sal bely, “Jesus Christus is die Here!” tot eer van
God die Vader.” Filippense 2:11
Welkom terug na die vakansie!
Lees gerus die voorbladartikel om te
weet hoe ons saam gaan reis hierdie
jaar. In die kategese werk ons ook
met die metafoor van die boom. ‘n
Boom het ‘n klomp goed nodig om te
groei, blare te dra en vrug te lewer.
In kwartaal een gaan ons fokus op
die grond wat die boom nodig het. As
die grond goed is, kan die boom groot en sterk word. Daarom is dit
baie belangrik om seker te maak dat ons fondasie, ons grond, goed
en gesond is. Dan kan ons groei en leef as dissipels net soos wat die
boom kan groei. Die grond van dissipels is ons geloof, daarom fokus
ons hierdie kwartaal op geloofsgroei.
Wanneer ons praat van geloofsgroei bedoel ons nie a) dat jy min
geloof het en sterker moet word nie of b) dat daar vlakke van geloof is
en jy so te sê die piek gaan of kan bereik nie. Geloofsgroei beteken
dat ons saam met God reis deur ons hele lewe. Soms voel ons vêr
van God, soms nie. Deur alles heen is God naby ons. Die groei wat
ons beleef is dus ‘n herhaaldelike belydenis van geloof waar ons net
soos Psalm 23 sê: Deur donker valleie en deur groen weivelde, bly
die Here ons Herder. Waar kry ons die woorde om te sê waarin ons
glo? Ons begin by die Bybel!
Dit is immers waar die vroegste Christene met vreugde uitgeroep
het: “Jesus Christus is die Here!” (Fil. 2:11). Hierdie kort bevestiging
was die eerste belydenis van geloof! Dit sal immers onmoontlik wees
om die hele Bybel op te sê as iemand jou vra: “Waarin glo jy?”.
Daarom het ons in die kerk belydenisskrifte en geloofsbelydenisse,
12