Page 2 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 2

Maar dit eindig nie daar nie. Ons leef nie net vir Christus nie, ons
      doen dit met hoop. Hierdie hoop is nie ’n valse optimisme of
      “positiewe denke” nie. Dit is ’n vaste anker vir die siel (Hebreërs
      6:19). Dist is die wete dat Christus die oorwinning reeds behaal het,
      dat die Heilige Gees nou in ons woon, en dat daar ’n toekoms is wat
      nie van ons omstandighede afhang nie. Selfs in pyn, verlies, twyfel of
      onsekerheid, dra hierdie hoop ons en herinner dit ons daaraan dat
      ons nie alleen is nie, en ook nie doelloos nie.

        Om vir Christus te leef met hoop beteken dus dat jy jou lig laat skyn
      in donker tye. Jy kies om liefdevol te wees waar ander koud is, om

      reg te doen waar ander onreg kies en om met vrede te leef selfs
      wanneer alles in jou lewe stormagtig voel. Hoop verander nie net hoe

      ons na die toekoms kyk nie - dit verander hoe ons die hede leef.
        Mag hierdie kwartaal se tema jou inspireer en versterk om in
      Christus se voetspore te volg, om jou hart aan Hom toe te vertrou, en
      om met vreugde en verwagting vorentoe te kyk. Jy is nie alleen op
      hierdie pad nie. Jesus stap saam met jou en Hy is die bron van jou
      hoop.

                                    Leef vir Hom.
                                   Leef met hoop.
                         En weet: Hy maak alle dinge nuut.
                                                          Ds Jeandré Slabbert

























                                                            Lied / Psalm 33:7


                                          2
   1   2   3   4   5   6   7