Page 1 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 1

LEEF VIR CHRISTUS MET HOOP

                             Wat beteken dit regtig om vir Christus te leef -
                             en dan boonop met hoop? In vandag se wêreld,
                             waar  mense  dikwels  moed  verloor,  vasval  in
                             vrees,  of  net  van  dag  tot  dag  probeer  oorleef,
                             klink dit dalk soos ’n mooi ideaal wat moeilik is
                             om aan vas te hou. Tog is dit juis in só ’n wêreld
                             dat hierdie oproep meer relevant as ooit is: leef
                             vir Christus… met hoop!

                             Om  vir  Christus  te  leef  beteken  dat  jy  Hom
                             eerste stel - in jou denke, keuses, verhoudings
                             en  drome.  Dit  is  nie  net  ’n  Sondagoggend-
                             gewoonte  nie,  maar  ’n  daaglikse  leefwyse.  Jy
                             vra nie meer net: “Wat wil ek hê uit hierdie lewe
                             nie?”  maar  eerder:  “Wat  wil  Christus  deur  my
                             doen?” Dis ’n lewe van oorgawe, van diens, van
                             groei in geloof en liefde. Dis om te leef met die
                             wete  dat  jy  teen  ’n  duur  prys  gekoop  is   (deur
                             die kruis van Jesus) en dat jou lewe nie sinloos
                             of toevallig is nie, maar deel van God se groter
                             plan.
   1   2   3   4   5   6