Page 9 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 9

Goeiemôre hier vanuit die Village, waar ons kom aftree het - of só
      gedink het. Met soveel aktiwiteite wat aangebied word, het ʼn week te
      min dae!

       Daar is geen behoefte waarvoor daar nie voorsiening is nie. Vir ons,
      medegelowiges, is hier tot ʼn pragtige kapel wat deur verskeie geloofs-
      genootskappe op georganiseerde wyse kerkdienste gehou word. Dr.
      Mike Heaney het kort na sy aanstelling as leraar by Margate NG
      Gemeente, ook vir ons tyd ingepas gekry - 11:15 elke derde Sondag
      van die maand. Wat ʼn voorreg.
       In die Village is daar twee wyke, almal bo sestig, meeste in die se-
      wentigs  en  tagtigs,  maar  moenie  die  negentigs  vergeet  nie.  Dit  be-
      teken dat heelparty dit moeilik en selfs onmoontlik vind om die groot
      kerk te besoek, weens moeilike toeganklikheid
      bekend aan almal. Die dienste word ook byge-
      woon deur gemeentelede van buite die Village,
      vir  dieselfde  rede.  Die  waarde  van  hierdie
      fasiliteit en erediens eenkeer per maand vir die
      wat dit bywoon, is onvervangbaar. So kan ons
      steeds  deel  van  die  gemeente  voel,  met  een
      van ons eie leraars agter ʼn kanseltjie - ʼn regte
      erediens in ʼn regte kerk met ʼn orrelis wat sang
      begelei.  ‘n  Mens  wonder  soms  of  die  res  van
      die  gemeente  die  waarde  besef  wat  dié  ere-
      diens  vir  hierdie  geloofsgenote  het.  Dit  is  die
      derde  punt  van  Woordverkondiging  in  hierdie     Kapel by die Village
      gemeente en min mense besef dit.
       Hierdie jaar was ons ryklik geseën. Die derde Sondag van die
      maand was op Paassondag - iets wat niemand kon onthou wanneer
      dit laas gebeur het nie. Baie dankie ds. Lerisa vir jou ongelooflik tref-
      fende Opstandingsboodskap:
                            “Ons het ons Here gesien ”
       Ons is dankbaar dat ons Hemelse Vader ons in hierdie veilige hawe
      geplaas het en dat Margate NG Gemeente nie van ons vergeet nie.
      Hilda & Elda.
      Seënwense.

                                          9
   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14