Page 12 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 12

ONTMOET








                               Sedert Desember 2024 het daar op die kerk
                              se  afkondigingsblad  ʼn  nuwe  naam  verskyn
                              as  die  kontakpersoon  van  die  gemeente  se
                            gebedsgroepie vir die Margate en die noorde-
                          like area, naamlik Pieter Conradie.



      Pieter vertel wie hy is:

       Hy en sy vrou Martjie het in 2021 hierheen verhuis vanaf Centurion,
      waar hulle vir meer as veertig jaar lidmate was van die NG Kerk
      Raslouw. Gedurende daardie tydperk het Pieter feitlik deurgaans op
      Raslouw se Kerkraad gedien. In 2024 is Martjie na ʼn lang siekbed
      oorlede. Pieter het nog ʼn suster oor, asook twee seuns en hul
      gesinne (insluitend drie kleinkinders), wat oorsee woon.

       Pieter se verdere agtergrond is dat hy skoolgegaan het in Bloem-
      fontein. Daarna het hy voltyds op Stellenbosch studeer om sy PhD in
      Sielkunde te verwerf. Aangedryf deur ʼn ingebore nuuskierigheid, het
      hy toe in Pretoria vir 28 jaar gewerk as navorser in die Raad vir
      Geesteswetenskaplike Navorsing se Instituut vir Kommunikasie
      Navorsing. Die fokus van sy navorsing was hoofsaaklik op tegno-
      logies-gebaseerde kommunikasie tussen mense, byvoorbeeld, die
      invloed van televisie op die Suid-Afrikaanse samelewing. In 2001 is
      hy aangestel as Navorsingsprofessor in die destydse Pretoria
      Technikon (nou die Tshwane Universiteit van Tegnologie). Sedert sy
      aftrede aan die einde van 2011, beklee hy nog steeds hierdie pos,
      maar nou op ʼn deeltydse basis en funksioneer oor die Internet.
       As persoon het Pieter ’n groot liefde en verwondering vir die skoon-
      heid en grootsheid van die natuur wat God geskep het. Oor die jare
      was daar egter ook by hom die groeiende besef dat ons op ons eie
      eintlik niks kan doen nie. Ons moet die Here betrek - veral by alle
      in Jesus meer as oorwinnaars kan wees.
      ontberings en rampspoed - en vir mekaar bid. Eers dan sal ons saam

                                          12
   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17