Page 8 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 8
PINKSTER BARMHARTIGHEIDPROJEK:
‘N KRUIS VAN HOOP
In reaksie op die nood in ons gemeenskap, het ons gemeente ʼn kos-
insamelingsprojek tot en met Pinkstertyd van stapel gestuur. Hierdie
projek fokus op die insameling van nie-bederfbare items en blikkies-
kos, wat aan die Diens van Barmhartigheid oorhandig word. Hulle
versprei dit verder aan mense in nood en vul sodoende hul koskaste
weer aan.
Die projek het afgeskop by beide ons Mar-
gate- en Port Edwardkampusse. By elke
kampus is daar ʼn unieke insamelpunt - ʼn kas
in die vorm van ʼn kruis - waar gemeentelede
op Sondae hul bydraes kon plaas. Die kruise
dien as tasbare simbole van hoop en gee
aan almal die geleentheid om deel te neem
en te sien hoe die projek groei.
Hierdie inisiatief is nie net ʼn praktiese manier
om mense in nood te help nie, maar ook ʼn
manier waarop ons ons roeping uitleef om na
mekaar om te sien. Tans ondersteun die
projek 21 gesinne wat werklik swaarkry.
Daarbenewens help dit ook om gereed te wees wanneer individue
onverwags op die kerk se drumpel aankom en dringend hulp nodig
het - só kan ons verseker dat niemand honger daar wegstap nie.
Die Pinkster Barmhartigheidprojek het reeds ʼn groot seën vir ons
gemeente geword en bring sigbare verskil in mense se lewens.
Saam maak ons ʼn verskil - een blikkie op ʼn slag!
Ds. Jeandré.
S “J H ”
Gebruik ‘n leë glas koffieflessie en vul dit met bestanddele vir sop.
1 koppie rys 1 koppie lensies
1 koppie macaroni 1 biefblokkie (onoopgemaak)
1 koppie sopmengsel 1 pakkie soppoeier (onoopgemaak)
8