Page 3 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 3

Vanjaar kon ons werklik met vreugde lewe vir Christus met die groot
      geestelike feeste op die kalender van die eerste halfjaar.
       In  die  derde  kwartaal,  Koninkrykstyd,  moet  ons  rustig  raak  en  na
      binne kyk. Hoe lyk ons lewe tot eer van Christus? As ons kyk na hoe
      ons lewe, ons betrokkenheid by die kerk en wêreld rondom ons, waar
      vind ons dat woord en daad mekaar ontmoet? Waar reik ons uit? Laat
      ons stil word en hoor wat die Here vir ons wil sê.
       Mag ons wandeling deur Korrels ons versterk om vreugde te vind in
      standvastige hoop, terwyl ons steeds volhard in gebed. Rom. 2:22.
       Mag ons woord en daad mekaar vind en blom in sukses waar ons
      wegspring met die gemeente basaar. Die winterbasaar is die stempel
      van  NG Gemeente Margate en ʼn vreugde-ervaring vir besoekers van
      die Noorde en oraloor.
       Bestudeer gerus die kalender vir die volgende drie maande en vind
      ʼn saak of geleentheid waar jy met woord en daad blydskap kan uitdra
      in die wêreld, daar waar God jou geplaas het.

                    Mag die God van hoop ons deur ons geloof
                         met alle blydskap en vrede vervul,
                        sodat ons hoop oorvloedig kan word
                        deur die krag van die Heilige Gees.
                                                                   Romeine 15:13
         Groete.
         Elda.


                          Paulus sê: Verbly julle in die hoop.
                                      Rom 12:12

                                          3
   1   2   3   4   5   6   7   8