Page 16 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 16
GEBEDSBEDIENING
Ons as Christene is geroepe om God se liefde te deel met almal wat ons
pad kruis. Dit behels nie oordrewe gebare nie. Soms is dit slegs om teen-
woordig te wees by iemand, te luister na iemand, of dalk net ʼn vriendelike
glimlag.
Waarom moet ons getuig?
Dit is ʼn opdrag van God (Matt 28:19-20)
Ons het God se liefde in ons harte.
Hy het ons eerste liefgehad (Joh 3:16)
Ons getuienis kan iemand se lewe ten goede beïnvloed.
Hoe kan ons getuig?
Deur God se liefde opreg uit te leef.
Vertel vir ander watter invloed God op jou lewe het.
Toon opregte belangstelling in ander se lewens. Bemoedig waar nodig,
maak ʼn oproep, of besoek iemand wat eensaam of siek is.
Om te onthou.
Om te getuig beteken nie om jou geloof op iemand af te dwing nie, maar
om die liefde en hoop wat by Christus ontvang is, uit te leef.
Streef daarna om sout en lig te wees in afvallige en donker tye.
Suzette - 083 686 5451 en Pieter - 083 326 8573
GETUIENISDIENS
Dit is vir my ’n ongelooflike voorreg om deel te wees van die Getuienis-
diens. Hierdie bediening lê baie na aan my hart, en om te sien hoe dit lewe
kry hier in ons eie gemeente, laat my hart warm klop van dankbaarheid. In
Matteus 28:19-20 lees ons: “Gaan dan na al die nasies toe… en leer hulle
alles wat Ek julle beveel het.” Dit is ’n opdrag van groot gewig - een wat aan
elkeen van ons gegee is. Maar tog wonder ek: Moet ons nie dalk eers hier
begin, waar ons woon, voordat ons na die uithoeke van die wêreld kyk nie?
Ek het oor baie jare gereeld na Mosambiek gegaan. Daar het ons kerke en
klimrame gebou, vroue bederf en kinders vermaak. Die vreugde op daardie
klein gesiggies as hulle ’n nuwe klimraam ontdek of op hul eie netbalbaan
kon bal speel, was kosbaar, dit vul jou hart tot oorlopens toe.
Tog het ek begin nadink: ons fokus so maklik op mense ver weg, maar
vergeet soms van die mense reg voor ons voordeur. Wat van ons eie
gemeenskap? Wat van die nood hier, in Margate, onder ons eie mense?
Laat ons saam hande vat en begin om getuies van God se genade te
wees, nie net oorsee en in die buiteland nie, maar ook hier by ons, in ons
strate, ons winkels, ons skole, ons kerk.
Want die wêreld begin by jou voordeur. Ds. Jeandré Slabbert
16