Page 19 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 19
VROUEDIENS MIDDAGGROEP
Ons eerste vergadering was aan huis van Annemie. Soos gewoonlik
was heelwat tyd afgestaan aan “Lief en Leed.” Cecile Steyn het ‘n insig-
gewende boodskap gelewer oor lewenswenke.
In April was ons weer bymekaar en het dr Dawie Oosthuysen vir ons ʼn
boodskap gelewer oor die tyd waarin ons lewe. God bepaal nog steeds
ons toekoms. By hierdie geleentheid het ons afskeid geneem van
Hendriëtte Ludick, ʼn jarelange lid wat Bettiesbaai toe verhuis.
Wat ons projekte betref is daar besluit om die maandelikse porsies
maalvleis, wat ons aan Laerskool Suid-Natal se behoeftige kinders ver-
skaf, te vermeerder weens die toename in hulpbehoewende leerlinge.
Baie dankie aan die Port Edward-groep vir hul bydrae tot hierdie projek.
In haar afwesigheid wens ons vir Cecile Steyn geluk met haar legitima-
sie as diensleraar - ons is baie trots op haar.
Hartlike Middaggroepgroete
Lorina Hart - 083 412 1464
PORT EDWARD VROUEDIENS
Ons het vol entoesiasme weggespring om 2025 te verwelkom. Ons
eerste Vrouediensvergadering was ʼn heerlike gekêkkel en beplannery.
Dit het gevoel asof ons mekaar jare laas gesien het, só lekker is daar
gekuier!
Tydens Maart se vergadering, ná tannie
Kleintjie se inspirerende woorde, het ons
dames besluit om ons manne ‘n bietjie te
bederf met ’n braai ná Cecile se pragtige
preek. Op die kerk se stoep is daar
gekuier, gebraai en lekker bederf. Baie
dankie aan ds Lerisa wat saam kom braai
het - en so ontmoet ons almal ook ons
nuwe dominee, ds Jeandré, wat lekker
saam gekuier het.
In April het ons kunswerke gemaak sodat ons "Mooi Goeters" reg kan
kry vir die basaar - watch this space!
In 'n oogwink is die eerste kwartaal verby. Soos hulle sê, tyd vlieg as jy
jouself geniet.
Jesusgroete en seën oor almal.
Anka Jordaan - 082 878 4584
19