Page 21 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 21

PRO DEO

                              Die koue het ons dié jaar vinniger bekruip. Dis
                               asof jou spiere stywer is en nie so maklik wil
                                beweeg nie. Dít is wanneer ongelukke maklik
                                kan gebeur - ’n val, ’n seerplek. Ons is nie
                                almal atlete wat aan wedlope deelneem nie,
                               maar ons kan betrokke raak by ander wat nie
                              sonder hulp kan beweeg nie, of wie se gesond-
                            heid dit nie toelaat nie.
                      Dít is waar Pro Deo ’n verskil maak. Ons help hierdie
      mense met liefde en geduld. Elkeen van ons vrywilligers doen ’n klein
      bietjie, maar saam maak ons ’n groot verskil. Miskien kan jy help: bring
      ’n bordjie eetgoed na die kliniek toe, besoek ’n ouer persoon, of reik ’n
      hand uit waar daar nood is.
       Ons het onlangs ’n baie suksesvolle Moedersdagtee met Madelein
      Pretorius as spreker, gehad by die pragtige San Lameer. Dit was ’n
      besondere geleentheid vol warmte en saamwees.

       Moet nie ons Pro Deo Gholfdag vergeet nie!  Dit vind plaas op die
      11de Julie - maak solank daardie stokke reg en kom neem deel aan ’n
      dag van pret en ondersteuning vir ’n goeie saak.
       Die bederfklinieke is nog steeds by Port Edward, Margate, Anerley
      Haven Frail Care Sentrum en Port Shepstone. Ons doen diens by die
      Kankerkliniek en al die gebreide kombersies, serpies en hoedjies word
      so waardeer. Kontak asseblief vir Mary-Ann (083 766 6018) indien u
      ook kan help.
       Besoek ons gerus op die sosiale forums en deel in al ons positiewe
      aktiwiteite op ons webwerf, www.prodeocare.org.za en ons Facebook
      blad, “Pro Deo Care Group”.
      Vriendelike Pro Deogroete
      Koos Groenewald
      082 570 2014




               Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle
          blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word
                        deur die krag van die Heilige Gees.

                                                   Romeine 15:13 (AFR20)

                                          21
   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26