Page 20 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 20
KOORKLANKE
Hoekom sing jy as jy stort, hardloop, ry of in die tuin sit of werk? Dit is ʼn
rustige lied in jou hart wat jy neurie. So eer jy God met woord en sang
en met ʼn blye hart maak jy ook ander om jou gelukkig.
Toe ons (Arie, Lenie, Leandri en Ouma Sarie) vir die eerste keer
Margate NG gemeente besoek, was dit vir ons baie snaaks, want waar
ons vandaan kom is dit nie so gedoen nie. Ons het vreemd gevoel,
maar gou het die koor se sang ons rustig en welkom laat voel (so ‘n
salige, rustige gevoel het in jou hart ontvou).
Koorsing skep ʼn lekker gesellige atmosfeer. Met Ada, Cecile en André
wat ons begelei, word dit baie rustig gedoen. Geen stywe formele
koorsang nie. Net ʼn rustige ontspanne gevoel dat jy elke lied spesiaal
vir God sing.
Ons oefen elke Donderdag om 17:00 en kort nog stemme veral by die
dames. Jy hoef nie musiek te lees nie, jou stem is belangriker. Kom
asseblief!
Lenie Oberholzer
NAOMIBEDIENING
Die Naomigroep het die eerste kwartaal op ʼn besondere wyse afgesluit
ongeag die donderstorm en erge reënbui waarin ons totaal oorspanne
by die kerksaal opgedaag het.
Ds. Louis van der Walt het kalmte oor ons gebring in sy aanbieding
met die tema ‘Die Woord is Musiek in ons Ore’. Dit is ingelei met ʼn
lied deur Lea en Cecile: ‘U is waardig om die boek te neem en sy seëls
oop te maak’, uit Openbaring 5:9 -10. Daar sal ʼn nuwe lied gesing word.
In Psalm 119:49 - 64 sing Dawid lof aan God, vir ons die lied van die
Woord wat ons verseker van hoop, wat vir ons rigting gee en van die
oorwinning in Christus.
Hulle het afgesluit met
‘U beeld straal uit die Skrif so helder voort -
U soek ek, Heer, Uself, O Lewend' Woord.’
Amen
Die oggend is afgesluit met saamkuier en saameet aan
heerlike pastagereg en warm groenteslaai.
Elda Pretorius.
20