Page 18 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 18
ALGEMENE VROUEDIENS
Op 6 April het die Algemene Vrouediens, met die verwelkoming van ds.
Jeandré, die verversings voorsien en die saal gereedgekry. Ons het
terselfdertyd sy eerste verjaarsdag by ons, saam met hom gevier. Ons
getroue staatmakers het hulle baie goed van hulle taak gekwyt - baie
dankie aan elkeen!
Daarna het ons ons eerste Draai en Waai op 25 April as fondsinsamel-
ingsprojek gehad. Baie dankie aan elkeen wat ons ondersteun het deur
ons geurige kerrie en rys te bestel. Met 135 bestellings, skenkings van
bestanddele en flukse vroue se voorbereiding het ons ʼn
stewige wins gemaak vir onder andere, die Senior
Onthaal.
Op 18 Mei het ons weer ʼn verjaarsdagviering
gehad - hierdie keer saam met ds. Lerisa.
Weer eens was ons vroue op hulle pos om verversings te voorsien en
die saal mooi te maak. Sodoende kry ons as gemeente saam die
geleentheid om ons leraars te bederf en ons waardering te toon.
Elke vrouelidmaat is baie welkom om by ons Vrouediensgroepe in te
skakel!
Seënwense
Annemie Oosthuysen - 072 393 9721
VROUEDIENS OGGENDGROEP
Die Oggendgroep het hulle hierdie termyn met kreatiewe aktiwiteite besig
gehou.
In April het Machelle ons geleer om met ʼn paar stukkies tou en krale-
tjies wat ingeryg word ʼn baie besondere macrame-sleutelhouer te maak.
Elke kleur kraletjie het ʼn besondere betekenis. Blou is kalmte, wysheid en
genesing. Geel is vrede, hoop en vergifnis. Rooi is liefde en energie.
Oranje is hartlikheid en lewenskrag. Groen is groei, harmonie en pers is
krag en gelowigheid. Ds. Louis van der Walt het vertel dat Jesus ons
sleuteldraer is. Hy is die oorwinnaar.
Junie was dit weer Kombersieprojek. Kuier-kuier het ons kombersies
gemaak. Jaarliks skenk ons kombersies aan ʼn instansie wat dit nodig het.
Dankie aan elkeen van die dames vir jul positiwiteit en bereidwilligheid
om te help as daar hulp benodig word. Ons waardeer elkeen van julle.
Susan Grobler - 082 419 3363
18