Page 22 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 22
DWARS:
Die Here het Samuel baie lief gehad.
Wat het hy aangedring dat hy genoem
moes word? (dit beteken: Geliefde van
die Here). 2 Samuel 12:24 -25
AF:
God maak ons voete soos die van
ʼn .... om op hoë plekke vas te staan.
2 Samuel 22:32-34
‘n Ma se gebed
Ek dank U, Here, vir al daardie nietighede:
klein kindertjies en klein gebare, klein maaltye om te kook,
kindergeselsies om na te luister; seer plekkies om
gesond te dokter, ook klein teleurstellings, wat net so
werklik soos ons sʼn is; klein wonderwerkies om te
ontdek in goggas, klippies, blommetjies.
Wanneer die einde van die dag aanbreek,
is my gedagtes uitgeput, my krag daarmee heen;
en terwyl ek elke geliefde nader trek, bid ek:
“Seën elke kind om Jesus ontwil:
sulke engeltjies terwyl hulle slaap,
maar rakkers wanneer hulle wakker is!”
... hulle bring vir my seën.
Ek dank U, Here.
Ruth Graham
My klein gebedeboekie
christian art gifts
22