Page 3 - Korrels 4-2024 Lente uitgawe
P. 3
UIT KORRELS se SKRYFKAMER
Vir die lente uitgawe van Korrels, voel dit altyd eien-
aardig om die leraars so lank voor die tyd al te vra om
hul Kersboodskappie te stuur. Vanjaar is dit amper ʼn
hartseer ervaring, want my mentor, tydige en ontydi-
ge raadgewer en ondersteuner van Korrels, se spasie
bly leeg. Ja, dr. Mike Heaney het die afgelope twaalf
jaar vir elke Korrels uitgawe met oordeel, wysheid en
visie terugvoer en leiding gegee.
In die periode van voorbereiding vir hierdie uitga-
we van Korrels is ons weer verras met ongelooflike prestasies ty-
dens die aanbieding van die Olimpiese Spele met die slagspreuk
Vinniger, Hoër, Sterker — Saam, of dan Citius, Altius, Fortius —
Communiter in Latyn. Dit herinner aan die gemeentetema vir die
laaste kwartaal van die Jubeljaar: Volhard in die wedloop wat voorlê.
Heb. 12:1.
Tydens die voorbereiding ontdek ek ʼn kaartjie wat my suster vir
my gestuur het, reeds in 2007. Waarskynlik veilig lê en wag vir nou.
Soos die slagspreuk van die spele, beskryf dit in gewone spreektaal
aie duidelik vir ons as individue én gemeente hoe ons die wedren in
die nuwe halfeeu moet benader:
Die geloofswedren
Die geloofwedren word nie kop onderstebo, blindweg,
voortploeterend, sonder ʼn bepaalde doel in sig, voltooi nie.
Vasberade oop-oog-volharding is nodig; kop omhoog,
en die oë gerig op Jesus wat die begin en voleinding is.
En aan weerskante die twee helpers — Hoop en Geduld!
(BW Maturin)
Saam kan ons dit doen.
Seënwense vir die Kersgety.
Elda
Vertrou jou lewenspad
DAWID aan die Here toe,
vertrou op Hom.
Psalm 69:31
2020 Vertaling
3