Page 8 - Korrels 4-2024 Lente uitgawe
P. 8

BRIEFIES



                                 Kersboodskap


                          uit Alanstraat Pastorie

                            Liewe gemeente,
                        Ons wens julle ʼn geseënde Kersfees
                           en voorspoedige nuwe jaar toe.
                        Kersfees is vir baie ʼn tyd van vreugde, familie,
                          somer en pret. Daar is egter ook diegene vir wie
                             Kersfees ʼn hartseer tyd is. Ons gebede en
                            deernis gaan aan dié vir wie Kersfees hierdie
                          jaar die eerste Kersfees sonder ʼn geliefde is.
                          Ons dink aan julle.

              Mag ons gedurende hierdie kersseisoen daarop fokus
            om mekaar lief te hê en by te staan sodat ons almal aan
            die wedloop van die lewe kan deelneem. Mag ons ook
            nuwe moed skep met die wete dat Christus altyd naby
            ons is. Hy word immers genoem Immanuel – God met ons.
              Hierdie wete fokus ons oog weer op die regte dinge.

                                       Liefde,
                                    Lerisa & Handré





         Wat in Maria “verwek is, is uit die  Heilige Gees.

                    Sy sal geboorte gee aan ’n  seun,

                       en jy moet Hom Jesus noem,

           want Hy sal sy volk van hulle sondes verlos.”


                                Matteus 1:20-21



                                          8
   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13