Page 9 - Korrels 4-2024 Lente uitgawe
P. 9
BASAAR 2024
2024 se basaar het gekom en gegaan en watter fees was dit nie
op ʼn windstil en wolklose dag uit die Hand van ons Skepper.
Die tent was funksioneel en effektief. Daar is nie meer krag be-
skikbaar op die terrein nie, maar ons het baie goed reggekom met
kragopwekkers en gas. ʼn Woord van hartlike en groot dank aan
die Basaarkommissie vir maande se beplanning en baie opoffe-
rings.
Dit was ʼn feestelike gesig om ons gemeente en die baie besoe-
kers so saam te sien kuier in die tent. ’n Gees van welwillendheid
en dankbaarheid het geheers en die musiek en sang vanaf die
verhoog het ʼn vrolike atmosfeer geskep.
Al die stalletjies het goed gefunksioneer en vertoon. Daar is
voorwaar baie hard gewerk deur die verantwoordelike persone.
Baie dankie aan al die helpers by die tafels. Soveel samewerking
van soveel gemeentelede vooraf en op die dag was ʼn riem onder
die hart.
Baie dankie aan almal wat ʼn bydrae gelewer het tot die borg
van die verskeie verkoopspunte, hetsy deur produkte te verskaf of
geldelike bydraes te gee of kragopwekkers te verskaf.
Die terreinmeesters het hulle baie goed van hulle taak gekwyt
want sonder hulle harde werk sou ons nie reggekom het nie.
Die dag van die basaar het alles vlot verloop danksy almal wat
kom help het, selfs uit Dubai!
Dank aan ons Hemelse Vader
sonder wie alle pogings
tot niks sou gekom het nie.
Melt van Niekerk
Voorsitter Basaarkommissie
9