Page 14 - Korrels 4-2024 Lente uitgawe
P. 14

GEMEENTEVERHAAL

              NG Kerk Margate se gemeenteverhaal
                 vanaf Mei 2023 tot Augustus 2024


                        Eer God vir vyftig jaar!
      Die gemeente van NG Margate is geseënd om hierdie jaar (2024) ons
      50ste bestaansjaar te vier! Vyftig jaar gelede het hierdie gemeente
      afgestig van NG Port Shepstone en vandag is ons nog steeds so ge-
      lukkig om ’n groot gemeente te wees. Ons het daarom vir hierdie ju-
      beljaar die tema: “Eer God vir vyftig jaar”, gekies. Ons juig tot eer van
      die Here dat ons as gemeente in Margate kan leef vir Christus.

         In die afgelope vyftig jaar het daar baie dinge verander in die ge-
      meente, maar ons passie om te leef vir Christus is steeds dieselfde.
      Deur alles heen weet ons dat die Here altyd saam met ons stap. Dit is
      immers Jesus Christus wat Sy kerk vashou.
         Dit is daarom met groot vreugde dat ons deelneem aan geloofsvor-
      mende geleenthede soos Bybelstudies, feesdae, toewydingsgeleent-
      hede (soos Pinksteroggende en die Gemeente Retreat) en tuisge-
      loofreekse. Ons is ook dankbaar om werksaam te wees in die ge-
      meenskap waar ons 20 behoeftige gesinne versorg, deelneem aan
      die kospakkie-projek by die Laerskool, bussie-gelde betaal, Ligdraers
      aanbied en behoeftige mense help met nood- en voedselverligting.
      Margategemeente ondersteun ook sendelinge in Angola en Nepal.
      Wessel en Joan van der Merwe, ons sendelinge van OM in Angola
      het ook ons gemeente besoek. Ons dank ons lidmate wat getrou by-
      draes lewer met hulle dankoffers, offergawes, spesiale dankoffers,
      geloofsoffers en skenkings. Dit is ’n groot vreugde om deel te wees
      van ’n gemeente wat gee met ’n blye gemoed. Daarom kan ons ook
      altyd lekker saam Bring en Braai en natuurlik basaar hou! Ons is ’n
      omgee-gemeente wat mekaar bystaan op verskillende maniere, soos
      die Kieries en die Naomi’s.
         Die hoogtepunt van ons jaar was ons 50ste fees!
         Op 3 Maart 2024 het ons behoorlik gejubel en gejuig met ons
      50ste fees. Ons het met ’n gesamentlike liturgie, opgestel deur Ds
      Lerisa Meyer en Dr Mike Heaney, deelgeneem aan ‘n wonderlike ge-
      leentheid. Die koor, jeug en voorlesers het hulself oortref. Die hoogte-
      punt was egter die spesiale feeslied wat geskryf is deur Cecile Steyn.
      So kon ons op hierdie besonderse manier vir die Here dankie sê.
                                          14
   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19