Page 15 - Korrels 4-2024 Lente uitgawe
P. 15

Na die afloop van die diens het ons ‘n Bybelse ete saam geniet. By
      die ete het ons mekaar ook geleentheid gegee om ‘n vingerafdruk te
      maak op ‘n skets van ‘n boom. Die vyeboom was vir die laaste paar
      jaar vir ons gemeente ‘n belangrike simbool. Ons weet dat ons soos
      ‘n boom geplant is by strome van Lewende Water en dat God ons
      voed en vir ons voorsien. Daarom wil ons graag met ons vingeraf-
      drukke onsself ook opnuut hertoewy as dissipels van ons Here.
         Ons wil graag ons dank uitspreek teenoor Dr Mike Heaney wat vir
      ons almal ‘n ware voorbeeld van dissipelskap is. Dr Mike was vir by-
      kans 18 jaar werksaam in NG Margate en hy sal sy demissie ontvang
      op 1 September 2024. Dr Mike was vir die gemeente, sy kollega en
      die gemeenskap ‘n voorbeeld van opregte diensbaarheid. Dr Mike sal
      gemis word, nie net in die gemeente nie, maar ook op Rings- en Si-
      nodale vlak, waar hy met baie kundigheid gedien het. Ons gaan veral
      sy gawe ten opsigte van ekumene mis. Ons bid vir Dr Mike en vir
      Jennie die Here se seën toe op hulle pad. Ons dank Jennie ook vir
      haar diensbaarheid en die rol wat sy gespeel het op die terrein van
      die Vrouediens, Jeug en die sanggroep.
         Ons is baie dankbaar teenoor die Here vir die afgelope tyd. Ons
      kyk ook met oë vol hoop vorentoe, omdat ons weet dat ons kan vol-
      hard in die wedloop, want God gee ons moed. Ons bid God se seën
      toe oor ons gemeente en gemeentelede. Ons vra dat God ons hande,
      voete en hele wese sal gebruik om tot seën vir ander te kan wees.
                             Margate leef vir Christus!




                                   Soli Deo Gloria.
           Kerkraad van N.G. Margate  .—  Opgestel deur Ds Lerisa Meyer.
















                                          15
   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20