Page 2 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 2
Een van die belangrikste gawes wat God vir ons gee is die gawe van ge-
loof. Geloof is dit wat ons veerkragtig maak. Dit is die gawe wat maak dat
ons te midde van ons situasies kan weet dat ons geseënd is, want ons be-
hoort aan God. Ek het hierdie kwartaal my Oupa begrawe en so was ek
deur die teksgedeelte van Matteus 5 weer opnuut daaraan herinner dat ge-
loof ons deur die moeilike tye dra. Selfs in donker valleie is dit God wat ons
weer bring op die vaste rots.
Daarom kan ons met vreugde sing, nie omdat dit oor 35 Maandae Kers-
fees is nie, maar omdat God se liefde draend is. God gee vir ons ook die
gawe van lofprysing. Ek dink dit is hoekom sekere liedere jou laat voel asof
dit net so perfek die woorde van jou hart weerklink. My gunstelinglied vir
hierdie kwartaal is ―Prins van vrede‖ van Oase gemeente. Hierdie gawe van
lofprysing gee my ook die geleentheid om saam te bely: ―Hier‘s ek Here,
hier is my hart.‖
Daarom is dit nie vir my nodig om ver te soek vir die wonderwerke van
God nie. Ek vind dit sommer in die alledaagse manier waarop ons bewus
kan word van hoe God by ons is. Jesus Christus het deur wonderwerke
kom wys hoe God se koninkryk lyk en net hoe naby dit is. Daarom het Hy
ook gesê: ―Staan op en loop,‖ (Lukas 17:11-19). Dalk moet ons ook opstaan
en leef (selfs in die verkeer) met die wete dat God se gawe van wonderwer-
ke orals om ons sigbaar is.
Ek dink dat dit hierdie manier van leef is, ʼn bewustheid van God se teen-
woordigheid, wat ons braaf maak. Om braaf te wees is immers nie die afwe-
sigheid van vrees nie, maar die moed om aan te gaan. God gee vir ons die
gawe van moed. God se teenwoordigheid is so allesomvattend, dat dit ons
op ʼn daaglikse manier daaraan herinner dat God se wil sal geskied. Ja,
hierdie verkiesing is sekerlik een van die belangrikste in ons land. Maar ek
glo – God se wil sal geskied. Die tye sal draai. Ons kan hoopvol staan op
ons Rots.
Want ons Rots is genadig. Daarom word ons ook aangespoor om die
gawe van genade uit te leef. Mag ons in hierdie tyd sensitief wees vir die tye
waardeur mense gaan. Mag ons harte sag gemaak word sodat ons mekaar
kan omhels en kan leef in vrede. Ons is immers almal kinders van God. Ek
het ʼn kollega gehad wat altyd, wanneer mense moeilik was, gesê het: ―Hulle
is steeds die Here se kinders.‖
As ek dink oor dankbaarheid, dan besef ek dat meer as al die suksesse
wat mens kan beleef, ek dankbaar is vir familie en vriende. Ek wil God hier-
die kwartaal opnuut dank vir die gawe van liefde. Dit is danksy hierdie gawe
dat ons selfs in tye van swaarkry, kan weet dat God ons geleenthede gee
om te groei. Daarom sal ek altyd ʼn rede kan vind om hoopvol te wees en
God te dank vir al God se gawes.
Amen.
Ds. Lerisa Meyer
2