Page 3 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 3
UIT KORRELS se SKRYFKAMER
Aan die begin van die jaar vra ek vir Lance, die kos-
ter, hoe dit met hulle drie daar is die kantoor gaan.”
Sy antwoord: “Ons ploeg voort.” “Wat beplan julle
om te plant?” vra ek . Vir ʼn oomblik was hy stil . . .
toe antwoord hy met blydskap: “Sonneblomme vir die
Jubeljaar!” Mag ons almal soos sonneblomme wees –
dankbaar en vol blydskap, met baie saad wat ons
deur ons lewe saai tot eer van God.
Die jaar 2024 het baie vinnig spoed opgetel. Die
eerste kwartaal was gelaai met bedieninge en groepe
begeester vir die feesgeleentheid op 3Maart: die
viering van NG Gemeente Margate se 50-jarige bestaan.
Lydenstyd het tegelykertyd geloop en tot kalmte gelei terwyl
ons onsself leegmaak, prysgee en skoonmaak in opbou na Heilige
Week en Paasfees met die wonder van die opstanding van Christus
uit die dood.
In hierdie kwartaal het ons die veertig dae in aanloop tot die He-
melvaart van Christus, tien dae voor Pinkster beleef met die gesa-
mentlike Hemelvaartdiens in die kampuskerk in Port Edward en die
drie Pinksterdienste in albei die kerkgeboue. Ons moet nie vergeet
nie, Pinkster is die geboortedag van die Kerk van Christus, die dag
dat die Here begin het om Sy oes in te samel en die dissipels te be-
magtig om die evangelie van Jesus oor die hele wêreld uit te dra en
nou vir ons om baie sonneblomme te plant.
Na die historiese uitgawe is Korrels terug na normaal. Daar is
veranderinge in leierskap by sommige bedieninge en ʼn nuwe reeks oor
voëls in die Bybel en een wat ons by Jimi le Roux leen: Wie is ek?
Nou kyk ons na onsself, na binne - hoe leef ek, hoe eer, dank en dien
ek my God?
Lekker lees. Seënwense. Elda.
JOHANNES Uit sy volheid het ons
genade ontvang —
ja genade op genade.
Johannes 1:16
3 Bybel — 2020 Vertaling