Page 4 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 4
Vyftig jaar in die bestaan van ‘n ge-
meente is ‘n lang, maar ook so ‘n kort
tyd. In 2024 vier ons die Here se pad
van troue liefde met ‘n gemeente wat
vir Christus leef. Ons is bevoorreg om
steeds lidmate van die gemeente by
ons te hê wat deel was van afstigting
van Port Shepstone 50 jaar gelede.
Saam met hulle en baie ander ―geloofshelde‖ in die loop van die
jare, dank ons die Here God vir Sy gawes (mense en middele) aan
Sy kerk deur vyf dekades. ‘n Gemeente bestaan immers uit haar
lidmate wat verenig is onder haar enigste Hoof, Jesus Christus.
In 1 Samuel 7:12 lees ons dat Samuel, nadat die Here aan die
volk die oorwinning oor hul vyande gegee het, ‘n klip ter herinne-
ring geneem het en die plek Eben-Haeser genoem en gesê het:
―Tot hiertoe het die Here ons gehelp.‖ Eben-Haeser beteken letter-
lik ―steen van hulp.‖ Dit was ‘n gebruik in die Ooste destyds om
klippilare, of stene, staan te maak op ‘n geskiedkundige plek waar
iets groots gebeur het. Ironies genoeg, word daar ook van ‘n an-
der Eben-Haeser melding gemaak in 1 Samuel 4:1 waar Israel ‘n
nederlaag gely het vanweë hulle oormatige vertroue op hulself en
later hulle bygeloof.
Die vyftigjarige herdenking is ons gemeente se Eben-Haeser.
As ons terugkyk op die verlede, sien en hoor ons oral verhale van
hoop waar die Here ons Helper was. Daar was natuurlik ook tye
van seer in die gemeente. Tog het die Here ons deur alles heen
styf vasgehou. In die gemeente lê daar baie gebede en dankoffers
en sweet en trane van gelowiges wat meegewerk aan die opbou
en uitbreiding van die Here se koninkryk. Daarvoor is ons God e-
wig dankbaar, want Jesus Christus hou Sy kerk in stand.
4