Page 6 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 6

UIT KORRELS se SKRYFKAMER

      “Hoe kan jy, jy ken niemand daar nie!” sê my vrien-
      de toe ek agtien jaar gelede besluit om na Margate
      te verhuis. Dit was baie waar, maar hulle het nie
      geweet die Suidkus was deel van my lewe so lank as
      wat ek kon onthou nie. Met ʼn hoedjie op my kop aan
      my ma se hand waar ons stap op die strand met gol-
      fies wat oor my voete vee en baie vakansies daarna,
      het hierdie wêreld in my hart kom lê.
         Boonop het ek die Margate kerk geken. Kerk in
      Grieks is ekklesia, ʼn versameling van “die geroeptes”. Met Kers-
      diens in hierdie kerk het jy besef jy is tussen baie mede-
      geroeptes, geroep om saam te wees en God te loof en prys. NG
      Gemeente Margate, is waar medegelowiges met eie talent onder
      leiding van toegewyde leraars saamwerk om ander te dien tot eer
      van die Here.
         Om die bydraes te ontvang van so baie wat bereid was om hul
      kennis en ervarings van verskillende periodes die afgelope vyftig-
      jaar te deel, was ʼn besielende ervaring. Belewenisse was soos
      hartsverhale. Om te sorteer, ontrafel, orden, groepeer en aan-
      eenskakel tot ʼn verhalende vertelling, was ʼn voorreg en onver-
      geetlike ondervinding onder leiding van die Heilige Gees. Die lyn
      wat regdeur die halfeeu loop, is koinonia, die samesyn, diens en
      volharding tussen gemeentelede in verbondenheid met God op die
      aardse Koninkryk. God se liefde, seën en genade dra sy kerk deur
      strome wat voortgang bedreig, van mensgemaak tot in die natuur
      soos ʼn Covid-19-pandemie .
         Mag almal geestelik versterk word deur die terugblik oor die
       vyftigjaar wat gelei het tot NG Gemeente Margate se Jubeljaar.
        Groete tot die herfs, wanneer ons God eer met dankbaarheid.

                                        Elda.


                                      Aan God kom toe ons lofgesange.
            DAWID                     Ons word verhoor in ons gebede.
                                       Hy kies ons uit om in sy genade
                                              in sy  huis te woon,
                                       Hy wys ons daar sy troue dade.

                                       Psalm  65 – Liedboek van die kerk.

                                          6
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11