Page 7 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 7
Gelukwensing
van Ring van Port Shepstone
Dit is met dankbaarheid teenoor die drie-enige
God dat die Ring van Port Shepstone kan deel in
die vreugde van die NG Gemeente Margate wat
hulle 50ste verjaarsdag vier. Hoe kosbaar is dit vir
ons om julle passie en ywer vir die Here te sien. Dit
is nie net lippetaal nie, maar dade wat uitloop in
diensbaarheid, deernis en gehoorsaamheid. Ons
dank die Here dat baie gelowiges by julle ʼn geeste-
like tuiste mag vind en dat lidmate God met hulle
gawes en passie in Margate gemeente kan dien.
As ring is ons deeglik bewus van die uitdagings
wat ons kusgemeentes moet trotseer en daarom wil
ons graag erkenning gee vir die wyse waarop Mar-
gate gemeente dit aanpak en bestuur. Die erns en
ywer waarmee julle hierdie uitdagings met onder-
skeiding aanpak, dien as inspirasie in ons ring.
Die ring gee graag vir julle 2 Korintiërs 9:8
―En God is magtig
om alle genade oorvloedig vir julle te laat wees,
sodat julle altyd in elke opsig
selfversorgend kan wees
en oorvloedig kan bydra tot elke goeie werk.‖
Ds. Jasper van der Westhuizen.
Voorsitter — Ring van Port Shepstone
7