Page 11 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 11

Vyftig jaar van genade

                     NG Gemeente Margate  is die produk van ʼn droom van
                     sy lidmate van meer as ʼn halfeeu gelede, is gedra deur
                     die liefde en genade van God vir vyftig jaar van vreugde
                     en hartseer, hoogtepunte en laagtepunte, asook deur
      verskille en samewerking, met ondersteuning van gemeentelede.
           Die Nederduits Gereformeerde inwoners  aan die Suidkus was
      tot ʼn halfeeu gelede lidmate van Port Shepstone gemeente. Hierdie
      Afrikaans-sprekende lidmate het so toegeneem, dat daar teen 1969
      begin is met dienste in die Metodiste Kerk in Margate, waargeneem
      deur twee predikante wat hier kom aftree het: Ds. Benade en Ds. de
      Vries. Afstigting het ʼn droom geword.

          Op 24 Februarie 1974 het die droom waar geword toe die Ring
      van Port Shepstone bymekaarkom in Montclair. Ds. Willie Grové lees
      uit Handelinge 9:20 voor oor Saulus wat direk na sy bekering in die
      sinagoges in Damaskus begin preek. Hy wys daarop dat daar altyd ʼn
      stryd is met die Bose, maar tog het die kerk van die Here te midde
      van alles, vrede gehad. Na ʼn tyd van bespreking is besluit dat die ge-
      meente Margate op Vrydag, 29 Maart 1974, om 19:30 sal afstig van
      Port Shepstone met ʼn ledetal van 360 lidmate, almal woonagtig ten
      suide van die Izotsharivier. Dit was vyftig jaar gelede! (Dr. Mike Kor-
      rels Herfs uitgawe 2014)

          Die afstigting was ʼn geloofsdaad. ʼn Groot persentasie gesinne
      wat hulle in die Laer-Suidkusgebied kom vestig het, was ouer perso-
      ne van pensioenouderdom. Inkomstes was gewoonlik ook nie ruim
      nie. Die moedergemeente het haar dogter egter nie met leë hande
      die wêreld ingestuur nie, maar met ʼn bruidskat van ʼn erf in Ramsgate
      en ʼn huis, direk suid van die toekomstige kerk, as pastorie.
          Van meet af aan het die gemeente finansieel swaar gekry. Toe
      gebeur daar iets tragies wat later aanleiding gegee tot ʼn finansiële
      uitkoms vir die gemeente. Tydens ʼn motorfietsongeluk in Bloemfon-
      tein het ʼn 16-jarige seun, Callie Human, gesterf. Sy ouers, Barnie
      en .... Human en gesin van Bloemfontein het hul vakansies by die see
      in hul eiendom in Ramsgate deurgebring. Hulle het besluit om, in
      plaas van ʼn grafsteen ter nagedagtenis aan wyle Callie, ʼn kerkgebou
      vir die gemeente Margate te finansier. Barnie het die planne vir die
      kerk laat optrek. Dit was ʼn hoog gewaardeerde gebaar. Die kerkge-
      bou is op 28 September 1974 ingewy.

                                          11
   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16