Page 13 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 13
Die kategese en kinderkerk vorm die ankers vir die jeugwerk in
die gemeente, met toegewyde ouers en lidmate aan die stuur. Spesi-
ale pogings om ʼn jeugwerker aan te wend om te fokus op die jeug het
nie die gewenste resultate gelewer nie. Toe ʼn nuwe leraar beroep
moes word in 2018, is die klem geplaas op ʼn persoon met besondere
potensiaal en belangstelling in familie- en jeugbediening. Dit het gelei
tot ʼn nuwe era in NG Margate toe ʼn jong pasgegradueerde vroulike
leraar aangestel is.
In seisoentye is die gemeente steeds baie gewild. Daar is by feit-
lik elke diens besoekers van oor die hele land en soms selfs kinders
van lidmate van oorsee. ʼn Tweede erf moes aangekoop word vir vol-
doende parkering. Daar is by was al tot tien dienste op Kersdag gele-
wer. Die verkeersafdeling kom doen van 05:00 af diens om die ver-
keer na en van die kerk te beheer. Besoekende predikante en plaasli-
ke emeriti help en gee verligting vir die gemeente se twee leraars.
Die Covid-19-pandemie het die gemeente en lidmate hard ge-
slaan. Na die aanvanklike opgewondenheid oor die ‗langverlof‘, het
die ongekende omstandighede, swaarkry, moedeloosheid en gebrek
aan finansies, amper tot wanhoop gelei. Selfs die nuutaangestelde
jong leraar se impetus is in die wiele gery. ʼn Wonderlike samewer-
kingspan het egter ontwikkel tussen die twee leraars: Dr.Mike Heaney
en Ds. Lerisa Meyer. Met eredienste en kommunikasie via die tegno-
logie van die dag het hulle aan lidmate ondersteuning en geestelike
bystand verleen en die gemeente deurgedra. Die leë kerkbanke ty-
dens eredienste na afloop van die pandemie, is weer vol en met trots
kan nou gesê word dat die gemeente ʼn vinniggroeiende bediening het
met ʼn aktiewe kinderkerk vir die kleiner kinders en kompasdienste vir
die senior jeug. Ouers raak ook al meer betrokke en vergesel hul kin-
ders na die Huis van die Here.
Kort na die Covid-19-pandemie is die gebede vanuit die Port
Edward bedieningspunt in 2021 verhoor. Die South City Christian
Church het aan NG Margate hulle kerkgebou en terrein geskenk -
kosteloos! Die eerste erediens by NG Kerk Port Edward-kampus is
gehou op 13 Mei 2021(na aan die einde van die Covid-19-pandemie),
en sedertdien, elke Sondag. Daar is net dankbaarheid wat uitge-
spreek word vir al die skenkings en insamelings wat oor die jare
plaasgevind het en veral vir die pragtige stinkhoutpreekstoel wat deur
een van die lidmate gemaak is. Die nuwe kerkgebou is met groot
vreugde op 21 Mei 2023 deur Dr. Mike Heaney en Ds. Lerisa Meyer
ingewy. Die uitroep weerklink: ―Alle eer aan God!‖ Ja, ―Ons dank God
vir sy onuitspreeklike gawe!‖ 2 Kor. 9:15.
13