Page 18 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 18
Musiekbediening
Of die Here geloof, geprys of gedank word, of
dit oor skuld- of geloofsbelydenis of hoop en
gebed gaan, die sang tydens die erediens in
NG Gemeente Margate is telkens ʼn geesver-
heffende belewenis. Tydens musiekbediening
Verkry die Godservaring vleuels
wat mense besiel, aan hulle verge-
sigte gee, hulle vertroos, versterk
en bemoedig . . . (onder) inspirasie van die
Heilige Gees, waardeur God se Persoon, sy wese en wil bekend
word‖. (bl.16, Liedboek van die Kerk)
Die verhaal van die musiekbediening strek vanaf die dae toe dien-
ste Sondagmiddae in die Metodiste Kerk in Margate gehou is voor af-
stigting. ʼn Afgetrede predikant se vrou het die orrelbegeleiding waar-
geneem. Toe hulle verhuis, is ʼn jong lidmaat, Cobus Pienaar, nader
getrek vir die begeleiding. Hy het homself op ʼn huisorreltjie leer speel
en binne ʼn jaar nog ʼn orrel gewen in ʼn kompetisie. Na afstigting is
dienste in die klein saaltjie op die nuwe terrein gehou. Cobus het ʼn
lidmaat in Port Shepstone se dogter, Shirley (wat besig was met tea-
teropleiding in Addington Hospitaal in Durban), ontmoet. Dit het gelei
tot ʼn lewenslange verbintenis met mekaar, maar ook met die wonder
van musiek en sang in die kerk. Cobus en Shirley het op 29 Maart
1974, na die afstigtingsdiens die aand in Port Shepstone kerk, verloof
geraak. Hulle is in Junie daardie jaar getroud.
Terwyl die kerk in aanbou was, het Cobus, sy ouers, familie en
vriende begin fondse insamel vir ʼn orrel. ʼn Alborn orrel is aangekoop
en die dag toe dit afgelewer word in die nuwe kerkgebou, word die
argitek gevra: ―Waar is die orrel se plek?‖ Hy het so rondgekyk in die
kerk en gesê: ―Dit moet maar daar agter in die kerk kom‖. Daar was
nie voorsiening gemaak vir ʼn orrel nie. Vandag staan die orrel nog
―daar agter in die kerk‖. Dit was sekerlik so beplan deur God.
ʼn Hegte band het ontwikkel tussen Cobus, Shirley, musiek en die
orrel. Onder hulle leiding is psalms, lofgesange en geestelike liedere
laat opklink om God van harte te loof en dank. (Efes. 5:19&20)
Die Alborn orrel was nie voldoende vir die gemeente nie en het be-
gin probleme gee. Hy is verkoop en ʼn nuwe Allen orrel, afkomstig uit
Amerika, is in 1983 aangekoop. ʼn Maand later is daar aan die kerk se
lekkende dak gewerk. Daardie nag sak ʼn hewige bui reën uit. Die wa-
18