Page 14 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 14

Vyftig jaar lank was daar in die gemeente gelowiges wat in Chris-
      tus se naam ʼn positiewe verskil kom maak het in God se koninkryk.
      Baie van hulle is nou deel van die heldegalery wat ons inwag voor
      God se troon. Mag jou naam by daardie heldegalery gevoeg word!
           Kom ons, wat nog hier is, begin vandag om elkeen ter wille van
      Jesus Christus elke dag een ding te doen wat iemand anders se lewe
      positief beïnvloed.  Mag die gemeenskap hier aan die Suidkus met
      dankbaarheid verwys na NG Kerk Margate as die kerk wat ʼn verskil
      maak.
          Die Here het talle gawes aan Margate gemeente
      gegee en ―Margate leef vir Christus‖. Dit beteken nie
      dat die gemeente nou ‘gearriveer‘ het nie. Ons is
      steeds saam met Christus op pad na ʼn nuwe toe-
      koms, soos die Emmausgangers, met die wete dat
      Christus die verskil maak in ons gemeente, al is dit die
      werk van kleipotte wat soms krake wys.
          NG Gemeente Margate was die afgelope vyftig jaar op ʼn geseën-
      de reis saam met God. Hy het herders na aan sy hart vir ons gegee.
      Hulle het met kennis en insig aan ons leiding verskaf. (Jer. 3:15.)

                                Nou sê God vir ons:
          ―Die vyftigste jaar moet vir julle ʼn jubeljaar wees‖  (Lev.25:11)

                        LERAARS / HERDERS OOR 50 JAAR

                 Ds. A Smit (Adriaan)
                 1974 - 1983
                     Ds. J A Swanepoel (Jakkie)
                     1983 - 2003
                            Ds. B J van Dyk (Ben)
                                1986 - 1996
                                  Ds. A D Gerber (Albert)
                                        1997 - 2006
                                        Ds. A H Scholtz (Anton)
                                                 2003 - 2006
                                             Dr. D S G Oosthuysen (Dawie)
                                                         2006 - 2019
                                                   Dr. M J Heaney (Mike)
                                                                  2006  >
                                                         Ds. L  Meyer (Lerisa)
                                                                          2020 >

                                          14
   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19