Page 19 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 19

ter gaar op in die plafon en bars oop - reg bokant die orrel. Honder-
       de liter water is deur die orrel en oor hope van Cobus se musiek-
       boeke. Daar moes masjinerie ingespan word om die water voor die
       kansel op te suig. Dit het daar gelyk soos ʼn swembad.
          In oorleg met die kerkraad en die orrelverskaffers, is die orrel na
       Cobus en Shirley se huis geneem en vir twee weke lank het waai-
       ers en verwarmers gewerk om dit droog te kry. Die orrelverskaffers
       van Pretoria was die dag teenwoordig toe die orrel aangeskakel is,
       en die mense by die fabriek in Amerika was telefonies gekoppel.
       Die orrel het gewerk! Maar dit het later baie probleme begin gee as
       gevolg van die waterskade en daar word toe oorweeg om die orrel
       te vervang. Dit het byvoorbeeld tydens die Kersfeesseisoen, met ʼn
       VOL kerk, gaan staan. ʼn Klein orreltjie wat toe in die saal was, is
       inderhaas ingedra. Shirley het met ʼn mikrofoon by die luidsprekers
       van die orrel gaan staan om meer woema te verleen tydens die ge-
       meentesang.
          Baie fondse moes ingesamel word en die vakansiegangers het
       mildelik bygedra. Een gemeentelid (James Wagener) het ʼn gewel-
       dige groot skenking gemaak wat dit moontlik gemaak het om die
       huidige orrel te koop. Dit is ook ʼn Allen orrel. (James se weduwee
       is nog hier in die gemeente.) Die orrel is in Januarie 2009 op sy
       plek geplaas ―daar agter in die kerk‖ en op die 29ste Julie 2009 in-
       gewy. Shirley is oorlede, maar Cobus is steeds NG Margate se or-
       relis.
          Kerkdienste in Port Edward was verskillende tye in verskeie ge-
       boue en kerke aangebied. Hul was altyd geseën met ʼn talentevolle
       persoon wat die begeleiding kon waarneem. Susan de Klerk het vir
       baie jare hulle op die klavier begelei. Toe sy verhuis het, het Elza
       du Plessis het by haar oorgeneem. Na die verkryging van ʼn eie
       kerkgebou, het hul voortgegaan met ‘n klavier wat nie meer so sui-
       wer was nie. Toe word ʼn klavier, so goed as nuut, aan hulle ge-
       skenk.
          Hulle sê hulle het nog altyd geniet om die Here te loof met hul
       voorsang, sowel as tydens die diens en dit is vir hulle ʼn besondere
       voorreg om die Here op hierdie manier te vereer.

          Intussen ontdek die nuwe koster in Margate ʼn kas agter die saal-
       verhoog. In die kas is ʼn Yamaha orrel. Hoe lank het hy daar gewag
       vir ʼn eie kerkgebou in Port Edward?



                                          19
   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24