Page 20 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 20
Die Kerkkoor
Met die inwyding van die kerk in die vooruitsig 50 jaar gelede, is Shir-
ley gevra of sy die koor sal stig. Sonder opleiding, maar met uitste-
kende ondervinding op hoë vlak, het sy ingestem. Met Cobus se on-
dersteuning is die koor in November 1974 gestig. Shirley het vir etlike
jare die koor suksesvol gelei. Cobus was en is steeds die anker van
die koor waarsonder hulle nie kan klaarkom nie. In die 50 jaar was
daar net 4 koorleidsters, maar daar is dikwels wisseling van koorle-
de, soos wat sommige mense binneland toe beweeg en ander Suid-
kusbewoners word. Nuwe lede is altyd welkom by die hegte koorfa-
milie.
Baie liedere is aangeleer en uitgevoer tydens die spesiale dienste:
Kerssangdiens, Paassangdiens en Lentelofdiens. Daar is wel by an-
der geleenthede ook gesing, soos by die afskeid van ʼn leraar en die
ontvangs van nuwe leraars. ʼn Gemeente-ete is al geseën met ʼn op-
trede van die koor. Vir ʼn koorfees is ander gemeente- en skoolkore
genooi om hier te kom optree.
ʼn Koorlid beskryf ‘n belewenis in die koor: ―Ek loer so tersyde na
my koormaats en merk die vrede, wat alle verstand te bowe gaan, op
hulle gesigte terwyl hulle die Here dien met hul talente en gawes. ʼn
Warm gevoel oorspoel my om sulke broers en susters te sien en te
hoor. Hulle het ritme, melodie en ʼn passie vir musiek - talentvolle
mense wat Jesus Christus liefhet.‖
Die koorlede sing Neem my lewe,
met oorgawe laat dit, Heer
en dankbaarheid.
Met liedere soos Neem my lewe, laat dit, Heer,
―U hef my op‖, U gewy wees meer en meer.
Laat my hart gedurig juig
―Die Gebed‖ en van dankbaarheid getuig.
en vele ander,
maak hulle koorsang Neem my stem en laat my sing
ʼn geesverheffende — aan U Here, hulde bring.
ervaring vir almal Laat my mond dié boodskap dra:
teenwoordig Hul sal vind wat na U vra.
in die erediens.
Lied 308:1,3
Liedboek van die kerk
20