Page 17 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 17

Erediens

      Die erediens word onder die genadige werking van die Heilige Gees
      getrou elke Sondagoggend bedien met die verklaring van die Heilige
      Skrif deur twee voltydse leraars. Eredienstye het al van tyd tot tyd ver-
      ander maar vind elke Sondag plaas in Margate en Port Edward en
      elke derde Sondag in die kapel by die aftree-oord. Kinderkerk is ty-
      dens die volwasse diens in Margate.
        Die liturgiese jaar, soos op die kalender aangedui, is die ritme van
      Christelike feesdae en seisoene. In die kerk is Christus se lewe die
      polsslag en dit bepaal die aard, inhoud en fokus van die daardie spe-
      sifieke erediens.
        Nagmaal word  vier keer per jaar by elke punt bedien en Stilnag-
      maal, laat middag, by een kampus op ʼn keer.
        Aangesien die gemeente geleë is aan die Suidkus, is daar gewoon-
      lik ʼn hele aantal besoekers  teenwoordig in die diens. Op Kersoggend
      word van vyf tot tien dienste bedien om al die besoekers te akkommo-
      deer. Die diensbaarheid van ʼn hele aantal emeriti in die gemeente,
      voorlen groot hulp in hierdie situasies.
         ʼn Doopplegtigheid is meestal ʼn groot vreugde-geleentheid omdat
      dit kleinkinders of agterkleinkinders is wat hierheen gebring is om ʼn
      Oupa, ‘n Ouma, soms albei teenwoordig te hê.
        Met elke erediens pronk 'n blomruiker trots langs die kansel in Mar-
      gate en Port Edward .... dit is 'n dankie-sê aan ons Liewe Vader vir
      die asemrowende natuur waarmee hy ons geseën het.


























                                          17
   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22