Page 16 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 16

Die funksionering

                        van die gemeente


       NG Gemeente Margate funksioneer binne die kerkorde van die
       NG Kerk. Dit is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare
       Woord van God, saamgebind deur ons geloof in die drie-enige
       God en die erkenning dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk
       is.
          Met die Kerkorde en wat daarmee saamgaan, gee die Algeme-
       ne Sinode leiding om op kerkordelike wyse uiting te gee aan die
       kerk se missionale roeping.  Die gemeente steun sterk daarop,
       want  dit hou ons staande in die strome wat soms poog om ons
       uitmekaar te dryf.
                ——————————————————————

               Die werksaamhede van die kerk

        Die missie van die drie-enige God (Vader, Seun en Heilige Gees)
                   is om lewe en volheid aan die wêreld te gee.
                 Die kerk is in diens van hierdie missie van God.
                           Só laat Hy sy koninkryk kom.

                   Die roeping van die kerk in sy gestuurdheid
                       na die wêreld (Missio Dei) impliseer
                   die toegewyde dienswerk van elke gelowige.

                 Elke gelowige ontvang van die Here die gawes,
                    die geleenthede en die krag van sy Gees
                    om in hulle daaglikse lewe gestalte te gee
                       aan God se liefde vir hierdie wêreld.

                              NG Gemeente Margate
                   lewer die afgelope 50 jaar sy diens aan God
                deur die vrywillige werksaamhede van gelowiges,
                             saam  in verskeie groepe
                          waar hulle die geleentheid kry
                  om hul Godgegewe talente tot sy eer te benut
                              en die missie uit te leef,
                           in dankbaarheid teenoor God
                           vir sy liefde vir hierdie wêreld.

                                          16
   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21