Page 15 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 15

Jubeljaarlied

                                Eer God vir 50 jaar
                         NG Gemeente Margate - 2024

            Heilig! Heilig! Heilig! is die Here God, die Almagtige.
            Hy wat Was en wat Is en wat Kom,
            groot en wonderlik is Sy dade!
            Verhef jul stemme en loof Hom,
            musiekinstrumente prys Hom!
            Juig tot eer van die Here, met lofgesange!

      Refrein:      Aan God die dank, dit is die Jubeljaar!
                       Aan God die dank, eer Hom vir Vyftig Jaar!
                       Aan God die dank, wat as ons Koning heers,
                       deur Jesus Christus, ons dank U Heil’ge Gees!

             Dien Hom, volg Hom, loof Hom, dank Hom
            met al jou krag, wat Hy voorsien.
            Wat anders vra God dat jy Hom sal lief hê
            met hart en siel, jy voor Hom sal kniel,
            jy moet die Here lief hê met jou hele hart.
            Ja ek en my huis, ons sal die Here dien.

      Refrein:       Aan God die dank, dit is die Jubeljaar!
                        Aan God die dank, eer Hom vir Vyftig Jaar!
                        Aan God die dank, wat as ons Koning heers
                        deur Jesus Christus, ons dank U Heil’ge Gees!

      Koda:           Volhard in die wedloop Margate!,
                      Die oog gerig op Jesus, Margate!
                      Ons Leidsman en Voleinder van geloof.
                                       Amen.

                  Teks: Cecile Steyn 2023.       Melodie:   Cecile Steyn
                                          15
   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20