Page 9 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 9
Sabbatsjaar tot Jubeljaar
Levitikus 25:1-22
Levitikus leer ons om 'n Sabbat te vier vir die Here. Ses jaar moet ons ons
saailand saai en ses jaar moet ons wingerd snoei en die opbrengs daarvan
insamel. Die sewende jaar is 'n Sabbatsjaar, 'n buitengewone jaar tot eer
van die Here. Die opbrengs van die land se Sabbat sal daar wees vir ons.
Tel sewe sabbatsjare af, dus sewe maal sewe jaar, sodat die tydperk
van sewe Sabbatsjare vir ons nege-en-veertig jaar gee. Ons moet ʼn rams-
horing laat weerklink. Die vyftigste jaar moet vir ons 'n jubeljaar wees. Dit
moet vir ons heilig wees. Van die saailande mag ons die opbrengs eet.
In hierdie jubeljaar moet ons elkeen terugkeer na ons geestelike oma-
ramba, die vlei wat na reën ʼn bruisende rivier van geestelike groei word.
God sal steeds oor ons sy seën gebied.
―Jy moet ontsag hê vir jou God, want Ek, die Here, is julle God.‖
(Levitikus 25:17)
God het NG Gemeente Margate deur die Heilige Gees
oor die afgelope sewe jaar op ‘n Sabbatsreis gelei na die Jubeljaar:
1 : 2017 was die fokus op die SOLAS;
2 : 2018 is baie gesels oor ons EIE HOOP,
van Toekomshoop EN Verwagting tot Hoopskeppers
en Hoop en Geborgenheid;
3 : In 2019 was Hoop steeds die fokus, met ons HOOP IN CHRISTUS
wat Magtig is, ʼn Opperherder en Oorwinnaar
en op die Prysgawe van sy hemelse lewe,
ter wille van ons;
4 : 2020 was ʼn moeilike jaar met die Covid-9-pandemie.
Met opgewondenheid is beplan, maar daar moes in isolasie
gefokus word op HERTOEWYDING sonder eredienste,
soms in eensaamheid, met kontak slegs deur moderne tegnologie;
5 : In 2021 kon fokus val op DANKBAARHEID deur
Aanbidding, vir Verlossing en Genade
en met Lofprysing;
6 : 2022 is gefokus op die Genade, Liefde, Blydskap
en Hoop wat GELOOF in GOD ons bied;
7 : 2023, die 49ste jaar, kyk die gemeente op
en fokus op God wat sê “EK IS WIE EK IS” - Eks 3:14
50ste jaar : Nou, 2024, in die JUBELJAAR sê NG Gemeente Margate
“ALLE EER AAN GOD”
Psalm 95:1
9