Page 5 - Korrels 1-2024 Jubeljaar uitgawe
P. 5

Die 50- jaartema van die gemeente is: ―Eer aan God‖ en die
       kwartaaltema: ―Loof God.‖ Op Sondag, 3 Maart 2024, as ons byme-
       kaarkom om vyftig jaar van God se genade te vier,  kry ons ge-
       leentheid om dankie te sê dat die Here ons tot hiertoe gehelp het
       om ‘n verskil in die gemeenskap te maak, om die evangelie te ver-
       kondig en medegelowiges te ondersteun. Jy was die verskil!  As
       ons terugdink, loof ons die Here dat Hy altyd meer gedoen het as
       wat ons kon dink of vra. Ja, selfs twee kerkgeboue wat geskenk is
       aan die gemeente en dat Hy altyd voorsien het, ook wanneer die
       nood op sy hoogste was.  Alle eer aan Hom.

           Die Here self is ons ―Steen van hulp‖ want ons gemeente is op
       ‘n vaste Rots, op Christus en Sy Woord gebou. Die graf is leeg, Je-
       sus het opgevaar en sit aan God se regterhand. Ons glo dat God
       die NG Kerk Margate altyd van hulp sal wees, want Jesus Christus
       is gister en vandag dieselfde en tot in alle ewigheid. Mag ons met
       oorgawe steeds onsself, ons lewens, ons kanse, tyd en geld aan
       die uitbreiding van God se koninkryk wy. Die Here is die NG Kerk
       Margate se hulp van geslag tot geslag.

                                  Eben-Haeser!
                     Tot hiertoe het die Here ons gehelp.
                   Hy sal altyd ons Steen van hulp wees.


                                     Halleluja!
                                Dr. Mike Heaney





                       Kom, laat ons voor die Here jubel,
               laat ons juig tot eer van die rots wat ons verlos.
                   Laat ons tot Hom nader met dankliedere,
                          met lofgesange juig tot sy eer.

                                      Psalm 95:1-7
                               Bybel  —  2020 Vertaling..

                                          5
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10