Page 1 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 1
Welkom in die nuwe jaar!
Vir die afgelope paar jaar, het ons as
gemeente gefokus op die volgende vraag:
“Hoe kan ons leef tot eer van God?” Ons werk
al ‘n paar jaar met die simboliek van die
vyeboom. Hierdie jaar begin ons by die begin
en vra: Wat is die fondasie - die grond - van
ons vyeboom? Waaruit groei ons as
gelowiges? Hoe kan ons leef, nie net vir
oorlewing nie, maar lééf om te floreer?
Die NG kerk staan natuurlik gegrond op die
Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van
God. Ons kan begin by die Bybel en daaruit
leer wie God is en hoe ons as sy dissipels kan
leef. Maar dit sal baie moeilik wees om die hele
Bybel op te sê wanneer ons wil sê waarin ons
glo!
Daarom het die kerk ook oor jare belydenis-
skrifte en geloofsbelydenisse. Dit is ons manier
waarop ons verwoord waarin ons glo.